Welkom by die ATR-webblad!

Uitnodiging – Taalmuseum, Paarl – 2010 09 24 – Ommietafel met stories

Lees meer…

Aandag alle medewerkers van die ATR:

ATR Direksie 2010

Baie dankie aan almal wat die onlangse onderwyskonferensie van die Afrikaanse Taalraad in Kaapstad bygewoon het. Ons waardeer u belangstelling en betrokkenheid met die insette wat u gelewer het. Aan die einde van die konferensie is ‘n aantal kerngedagtes (onder aangeheg) wat as resolusies gedien het deur die ondervoorsitter, Michael le Cordeur, aan die vergadering ter oorweging voorgelê. Die vergadering het besluit dat die gedagtes wat hier weergegee is verder deurgetrap moet word en uiteindelik moet dien as ‘n toekomsscenario vir die ATR waaroor die direksie by die volgende vergadering sal moet verslag doen. Die belangrikste is seker die uitplavei van ‘n vyfjaarpad soos aangedui in die eerste resolusie.

Lees meer…

Aankondiging – Die Eugene Marais Stigting

Eugène N. Marais, geliefde digter, skrywer, joernalis en natuurnavorser, het ‘n lang en ryke verbintenis met die Paarl, en spesifiek die First Class Public School, waar hy formele onderwys van 1885 tot 1887 tydens sy vormingsjare ontvang het.

Lees meer…

Lewer kommentaar op die Departement van Basiese Onderwys se “Plan of Action for 2014: Towards Strengthening Education 2025”

FEDSAS laat weet:  “Tydens die afsluiting van die ATR konferensie op 28 Augustus is melding gemaak van die feit dat die sluitingsdatum vir kommentaar op die Departement van Basiese Onderwys se Plan of Action for 2014:  Towards Strengthening Education 2025 op 27 Augustus verstryk het.

Ons het nou kennis gekry dat die Minister die geleeentehid vir kommentaar verleng het tot 30 September 2010.  Lede en organisasies word aangemoedig om van hierdie verlenging gebruik te maak deur kommentaar te lewer.  Die dokument is onder Wat is nuut op die tuisblad van FEDSAS se webwerf beskikbaar by www.fedsas.org.za.”

Artikel – Beeld – 2010 09 02 – Spartelende lyf sonder kop, arms

Beeld - Afrikaans

Hermann Giliomee

Min twyfel bestaan dat Afrikaans in sport­stadions, kroeë, kafees en sitkamers gaan oorleef. Maar wie gaan dit ernstig opneem as dit nie op intellektuele en professionele vlak presteer nie, vra Hermann Giliomee.

Lees meer…

Brief – Beeld – 2010 09 02 – Engelse universiteite kom lig van taalstryd af

André Christof se brief “Skep eerder ruimte vir hooftale om te groei” (Beeld, 1 September) het betrekking.
In my beskeie mening moet die hele kwessie van onderrig by universiteite uit ’n veel groter hoek bekyk word. Dit is nie sinvol om Afrikaans en Engels as onderrigtaal te gebruik by ’n enkele universiteit nie.

Aankondiging – 2010 09 02 – SBA ondersteun leerders

image

Program – Boekepoort, Pretoria – 6 tot 9 Oktober 2010

Woord van die Week uit die Woordeboek van die Afrikaanse Taal

jaloersreën s.nw. (streektaal) Reën wat nie eweredig val nie, maar in strepe trek of in los buitjies uitsak sodat die een boer wat niks gekry het nie, dikw. jaloers word op sy buurman by wie heelwat reën geval het; teenoor landsreën. (In Boesmanland en Kakamas opgeteken).

Nieuwsbrief – Nederlandse Taalunie – september 2010

Beste lezers,

De Taalunie is jarig. Op 9 september wordt ze 30 jaar.
Op 20 november vieren we dat. Er is een topontmoeting tussen bewindslieden die dan lijnen voor samenwerking rond het Nederlands zullen uitzetten.
En op het feest "De Wereld van de Nederlandse Taal" staan diezelfde dag jongeren met onze taal op het podium. Kortom: dán vieren we de toekomst. Daarom nú een stukje verleden.

Lees meer…