Author Archive for Alana

Volmaanpieknieks by die Taalmonument
Piekniekliefhebbers kan weereens uitsien na die gewilde somer volmaanpieknieks by die Taalmonument op Paarlberg, met ‘n asemrowende sonsondergang en naguitsig van die vallei.
die liefde is blind en trou is die bril (minder gebruiklik) ‘n Mens sien nie die foute raak van die persoon vir wie jy lief is nie, maar in die huwelik leer jy hom of haar met foute en al werklik ken.
liefde met gevoel (skertsend) Uitdrukking wat ironies te kenne gee dat liefde betoon word wanneer iemand ‘n ander karnuffel of geringe pyn toedien: Meneer sê dis liefde met gevoel as hy die seuns pakgee.
Baie dankie aan almal wat die onlangse onderwyskonferensie van die Afrikaanse Taalraad in Kaapstad bygewoon het. Ons waardeer u belangstelling en betrokkenheid met die insette wat u gelewer het. Aan die einde van die konferensie is ‘n aantal kerngedagtes (onder aangeheg) wat as resolusies gedien het deur die ondervoorsitter, Michael le Cordeur, aan die vergadering ter oorweging voorgelê. Die vergadering het besluit dat die gedagtes wat hier weergegee is verder deurgetrap moet word en uiteindelik moet dien as ‘n toekomsscenario vir die ATR waaroor die direksie by die volgende vergadering sal moet verslag doen. Die belangrikste is seker die uitplavei van ‘n vyfjaarpad soos aangedui in die eerste resolusie.
Eugène N. Marais, geliefde digter, skrywer, joernalis en natuurnavorser, het ‘n lang en ryke verbintenis met die Paarl, en spesifiek die First Class Public School, waar hy formele onderwys van 1885 tot 1887 tydens sy vormingsjare ontvang het.
FEDSAS laat weet: “Tydens die afsluiting van die ATR konferensie op 28 Augustus is melding gemaak van die feit dat die sluitingsdatum vir kommentaar op die Departement van Basiese Onderwys se Plan of Action for 2014: Towards Strengthening Education 2025 op 27 Augustus verstryk het.
Ons het nou kennis gekry dat die Minister die geleeentehid vir kommentaar verleng het tot 30 September 2010. Lede en organisasies word aangemoedig om van hierdie verlenging gebruik te maak deur kommentaar te lewer. Die dokument is onder Wat is nuut op die tuisblad van FEDSAS se webwerf beskikbaar by www.fedsas.org.za.”
Hermann Giliomee
Min twyfel bestaan dat Afrikaans in sportstadions, kroeë, kafees en sitkamers gaan oorleef. Maar wie gaan dit ernstig opneem as dit nie op intellektuele en professionele vlak presteer nie, vra Hermann Giliomee.
André Christof se brief “Skep eerder ruimte vir hooftale om te groei” (Beeld, 1 September) het betrekking.
In my beskeie mening moet die hele kwessie van onderrig by universiteite uit ’n veel groter hoek bekyk word. Dit is nie sinvol om Afrikaans en Engels as onderrigtaal te gebruik by ’n enkele universiteit nie.

