'ATR-artikels'

Artikel – Beeld – 2010 09 02 – Spartelende lyf sonder kop, arms

Beeld - Afrikaans

Hermann Giliomee

Min twyfel bestaan dat Afrikaans in sport­stadions, kroeë, kafees en sitkamers gaan oorleef. Maar wie gaan dit ernstig opneem as dit nie op intellektuele en professionele vlak presteer nie, vra Hermann Giliomee.

Lees meer…

Kommentaar – Die Burger – 2010 09 01 – Konferensie was proaktief, positief

W Jordaan

Veels geluk aan die Afrikaanse Taalraad (ATR) met die aanbied van die onderwyskonferensie die afgelope naweek in samewerking met Die Burger en Kunstekaap.

Artikel – Die Burger – 2010 09 01 – Daar is plek vir Afrikaans

Die onderstaande bydrae oor Afrikaans as onderrigtaal is ‘n uittreksel uit ‘n referaat deur Dr Neville Alexander:
"Die vermetelheid en onkunde van baie Engelssprekendes in Suid-Afrika en van nie-Engelssprekendes wat hulle soos skape volg, wanneer hulle beweer dat daar geen intrinsieke waarde in moedertaalonderrig steek nie, is verstommend.

Lees meer…

Brief – Die Burger – 2010 09 01 – Veeltaligheid in universiteite?

André Christof

    Ek lees die terugvoer en berigte oor die afgelope naweek se konferensie van die Afrikaanse Taalraad.
    Daar sien ek het Prof. Russel Botman, rektor van die Universiteit van Stellenbosch, gesê almal moet besef die toekoms is multikultureel en meertalig.

    Brief – Beeld – 2010 09 01 – Skep eerder ruimte vir hooftale om te groei

    André Christof van Mpumalanga skryf:

    Beeld se berigte oor die afgelope naweek se konferensie van die Afrikaanse Taalraad het betrekking.

    Lees meer…

    Artikel – Die Burger – 2010 08 26 – Hef aan lê nou voor Afrikaanse universiteit

    Marelize Potgieter, Kaapstad

    ’n Loodskomitee vir die beoogde Vrye Afrikaanse Universiteit (VAU) is gister gestig.

    Die komitee is op ’n gespreksforum oor die VAU in die Huis den Nederlanden in Pinelands aangewys. Daar word beoog om binne ses maande met ’n sake- en geldinsamelingsplan en konsep oor die wetlike aspek vir die universiteit vorendag te kom.

    Brief – Die Burger – 2010 08 21 – Mag Taalraad dié keer verskil maak

    Inderdaad is “Afrikaans nog net by twee universiteite” (DB 16/8), naamlik US en NWU (Potchefstroom), as “primêre onderrigtaal.”  En in prof. Wannie Carstens, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad se woorde “’Mens kry soms die gevoel dat die taaldebat by plekke soos Stellenbosch teen Afrikaans gedraai het”.

    Die taaldebat het al sedert 1994, onder aanvoering van die destydse getransformeerde SAUK, teen Afrikaans gedraai.  Met die eerste ontmoeting wat Tabema destyds met die SAUK-TV gehad het, het ons ons vasgeloop teen die ideologie van transformasie en regstellende aksie.  Toe was die SAUK aan die voorpunt om Afrikaans, die beweerde “wit” taal en die sondebok van apartheid, af te skaal en selfs uit te rangeer.

    Dié nuwe ras-gebaseerde ideologie is sedert 1994 afgewentel na alle vlakke en instellings, tot by die histories-Afrikaansmedium universiteitsrade.

    Die persepsie is geskep dat terwille van demokrasie en versoening, ons “meertalig” moes word.  Prakties het dit neergekom op verengelsing, d.w.s. gróter ééntaligheid.  Landswyd, ook op universiteitsvlak, kon of wou Afrikaanssprekendes dikwels a.g.v. skuldgevoelens oor die verlede, politieke korrektheid: en in ‘n gees van versoening, nie teen dié ras-gebaseerde transformasieproses hul stem laat hoor nie.

    So lank as wat die US se taalbeleid en regstellende aksiebeleid rasgebaseerd is en  Afrikaanssprekendes nie meer hul universiteitsopleiding en navorsing ten volle in Afrikaans kan ontvang en uitvoer nie, is die taal by US steeds in kettings, ten spyte van die rektor se aanspraak in sy artikel "Afrikaans  uit sy kettings". (DB 18/8).

    Ons wil ons hoop dat die Afrikaanse Taalraad met sy konferensie oor Afrikaans en die Onderwys (26-28 Augustus) ‘n besliste verskil sal maak.  In dié sin dat dit prakties mag lei tot ‘n herbeplanning van Afrikaans se status en funksies as universiteitstaal.  Boweal vir ‘n beleid waarvolgens Afrikaans as die primêre onderrigmedium, ook ruimte laat vir Engels, en nie andersom nie.

    JB (Koos) du Toit

    Stellenbosch

    Skrywe aan Die Burger – Christo van der Rheede – 2010 08 16 – UWK-advertensie diskrimineer teen Afrikaanssprekende studente

    Die Universiteit van Wes-Kaapland het die afgelope naweek ‘n advertensie in Die Burger geplaas waarin voornemende onderwyerstudente uitgenooi word om aansoek te doen om hul studies in dié rigting aan die UWK te oorweeg. Onder die hofie ‘Finansiële Bystand’  staan egter die volgende geskryf: "Studente wat in Engels, Xhosa, Wiskunde of natuurwetenskappe spesialiseer, kan om ‘n Fundza Lushaka-merietebeurs aansoek doen. Elke beurs beloop tot ‘n maksimum van R44 000 per jaar en suksesvolle kandifdate sal ‘n beurs ontvang vir ‘n maksimum van vier jaar, op voorwaarde dat hulle elke jaar slaag."  Afrikaans word egter nie gemeld nie en dit nogal in ‘n Afrikaanse koerant wat deur die Afrikaanse gemeenskap gelees word.

    Lees meer…

    Berig – Die Burger – 2010 08 16 – Afrikaans nog net by 2 universiteite

    Francois Lotter

    Paarl. – Daar is nog net twee universiteite in Suid-Afrika – die Universiteit Stellenbosch (US) en die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) – waar Afrikaans beskou word as die primêre medium van onderrig.

    Lees meer…

    Berig – Beeld – 2010 07 29 – Die dag wat ek my vuvuzela gryp

    Die dag as Bafana Bafana op die veld draf met ewe veel wit en swart spelers wat na meriete gekies is, sal Suid-Afrika die wendoel skop, skryf Michael le Cordeur.
    Dis Vrydag skuins ná 15:00. Ek sit voor my rekenaar en skryf. Ek is grieperig en moes op doktersorders binnenshuis bly.

    Lees meer…