Argief vir October, 2008

Ingryping nodig om Afrikaans in universiteitsektor te red

Volksblad, 20 Oktober 2008

ALET RADEMEYER – PRETORIA

As nie dringend ingegryp word om Afrikaans as onderrigtaal te behou nie, kan dit binne vyf tot tien jaar uit die universiteitsektor wees.

So het prof. Hermann Giliomee, historikus, die naweek op ‘n konferensie in Pretoria gewaarsku.

Lees meer…

Afrikaanse Skrywersvereniging – Persvrystelling

clip_image002

Die Uitvoerende Bestuur van die Afrikaanse Skrywersvereniging het onlangs besluit om die Patrick Petersen Gedenkprys vanjaar aan die skrywer, Abraham Nicolas “Ronnie” Phillips van Worcester, toe te ken.

Lees meer…

‘Afrikaans oor 5 – 10 jaar weg by universiteite’ – Beeld

19 Okt 2008 07:14:26:17 – (SA)

Alet Rademeyer

As daar nie dringend ingegryp word om Afrikaans as onderrigtaal te behou nie, kan dit binne vyf tot tien jaar uit die universiteitsektor wees.

So het prof. Hermann Giliomee, historikus, die naweek op ’n konferensie in Pretoria gewaarsku.

Lees meer…

Berig – Beeld – 2008-10-15 – Ongeletterdheid is slawerny van die gees

Lees die berig uit Beeld deur Wilhelm Jordaan hier

Media Statement – 24 May 2008

History was made in the historical Goodnow Hall in Wellington today with the founding of the Afrikaanse Taalraad (ATR – an Afrikaans language board). After a long process which started on 13 September 2003, the broader Afrikaans language community today accepted the proposed Constitution unanimously, thereby establishing the ATR formally. The founding was met with a standing ovation! The meeting was attended by more than 40 organisations – from large ones to small ones, from the North to the South. The organisations were represented by approximately 100 delegates, representing more than 500 000 people.

Lees meer…

Mediaverklaring – 24 Mei 2008

ʼn Historiese oomblik vir Afrikaans het vandag waar geword met die stigting van die Afrikaanse Taalraad (ATR) op Wellington in die historiese Goodnowsaal. Na ʼn lang proses wat op 13 September 2003 begin het, het die breë Afrikaanse taalgemeenskap die voorgestelde Grondwet eenparig aanvaar. Die stigting is met groot toejuiging begroet! Die byeenkoms is deur meer as 40 organisasies bygewoon – die grotes, die kleineres, van die Noorde tot die Suide. Die organisasies is verteenwoordig deur ongeveer 100 beraadgangers wat meer as 500 000 mense verteenwoordig.

Lees meer…

SBA-Sertifikaatplegtigheid

Christo van der Rheede skryf:

Die pad van herstel van mense se waardigheid is ‘n moeisame een, maar na gisteraand se sertifikaatplegtigheid is ek oortuig dat dit die moeite werd is. 107 plaaswerkers het sertifikate ontvang en na twee jaar se betrokkenheid in die Durbanville-omgewing is die verskil wat die SBA in mense se lewens kom maak het, opvallend. Dis ongelooflik om die groei in mense wat deelneem aan die SBA-programme waar te neem.  Lees meer…