Argief vir November, 2008
Die nasionale leeskrisis onder leerders en jongmense vra vir ‘n grootskalige saamdink en veral saamdoen deur almal wat ‘n belang het by leesontwikkeling en -ondersteuning. Die ATR, as koördinerende en netwerkskeppende liggaam, met ‘n ledetal van nagenoeg 30 Afrikaanse organisasies, bied ‘n uitstekende platform vir die loodsing en volhoubare instandhouding van ‘n grootskaalse leesintervensieprojek. Lees meer…
Stigting
Die Pionier-Instituut is op 2 Oktober 2008 gestig. Die datum is ook die geboortedagherdenking van Marthinus Theunis Steyn, president van die Oranje-Vrystaat. Steyn het ‘n deurslaggewende rol gespeel in die erkenning van Afrikaans as openbare taal. Die etos van die Pionier-Instituut weerspieël sy benadering dat jongmense “na al die oorde van die wêreld gestuur word om kennis en wetenskap te versamel.” Lees meer…
Die ATR beoog om binnekort ‘n gereelde nuusbrief te publiseer. Hou die webwerf vir meer inligting dop.
Baie dankie vir u belangstelling!
