30 000 gedigte meer as 10,9 miljoen keer gelees
Die gedigte afdeling van Woes.co.za – die aanlyn kreatiewe platform vir Afrikaans, het verlede week die 30,000 merk behaal. Amper as 3000 skrywers gebruik dié webwerf om hul skryfwerk in Afrikaans te publiseer.
Die feit dat die 30,000 gedigte meer as 10,9 miljoen kere al gelees is, is ‘n testament tot die behoefte na Afrikaans op die Internet en dat Woes.co.za hierdie behoefte waarlik aanspreek.
Die gedigte afdeling op Woes groei tans met meer as 500 nuwe gedigte per week en daar word ook meer as 2,500 kommentare per week oor al die kategorieë gelewer. Terugvoer en kommentaar is tog waarna elke aspirant skrywer smag en Woes.co.za bied dit aan hulle, gratis. Woes is steeds gratis aan enige skrywer om hulle werk te publiseer en so blootstelling te kry.
Daar is ook ‘n maandelikse betaal opsie van R49 per maand wat skrywers meer blootstelling op die webwerf gee asook klomp ander voordele soos toegang tot die Boekwinkel om jou eie boeke te bemark, gereelde artikels oor skryf en ook geen banier advertensies nie.
Lesers kan gerus deur die gedigte argief gaan loer en selfs die gedigte sorteer volgens tema soos byvoorbeeld liefde, vergifnis, en vele ander. Die webwerf het ook kategorieë soos Artikels, Kortverhale, Vermaak en dan Happies Afrikaans wat vir sosiale kommentaar bedoel is.
Vir meer inligting rondom die webwerf kan Willem Gous gekontak word by pers@woes.co.za of by 082 322 0600.
