Argief vir February, 2009

Kommentaar – Burger – 2009 02 27 – Afrikaanse universiteite alleen moet toegee

LEOPOLD SCHOLTZ

Oor taal aan die Universiteit Stellenbosch (US) is die laaste woord nog glad nie gespreek nie. Lees meer…

Brief – Burger – 2009 02 27 – US nou op die pad na verengelsing

Die nuus dat Stellenbosch nou amptelik ‘n “tweetalige universiteit” word, is lankal afgewag deur Afrikaners wat nog tot kritiese en onderskeidende denke in staat is. Lees meer…

Artikel – Beeld – 2009 02 26 – Ons loop pad na woord-armoede

Jaap Steyn

Die deelnemers aan die RSG-program “Die tale wat ons praat” het onlangs lekker gesels oor die baie Engelse woorde waarmee sommige Afrikaanssprekendes gedurig hul taal meng. Lees meer…

Kommentaar – Burger – 2009 02 24 – US se besluit oor sy voertaal

Die taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch (US) het onder die rektorskap van prof. Chris Brink vuurwarm debatte ontlok. Lees meer…

Brief – Beeld – 2009 02 25 – Net “asseblief” en “dankie”, dis al

Hennie van Deventer, Melkbosstrand

As hulle in Frankryk reis, byvoorbeeld, is hulle voor in die koor met hul “silvous plaiz”‘s en “merci” ‘s. In Suid-Afrika kan hulle om die dood nie “asseblief” of “dankie” deur hul lippe pers nie. Lees meer…

Berig – Burger – 2009 02 24 – Nuwe US-taalbeleid

Die Universiteit Stellenbosch (US) het op ‘n spe­siale raadsvergadering die naweek ‘n nuwe onderrigmodel ten opsigte van taal aanvaar. Dit kom daarop neer dat parallelmedium-onderrig (PMO) – in teenstelling met die huidige dubbelmedium-onderrig (T-opsie) – vir die eerste jaar aanvaar is vir die vier groot fakulteite.  Die model vir kleiner fakulteite soos gesondheidswetenskappe en regte gaan nog bespreek word.  Lees meer…

Berig – FW de Klerk-Stigting – 2009 02 23 – Moedertaalonderrig in Suid-Afrika

News Alert 3(1), 23 Februarie 2009

Taalregte in Suid-Afrika is deur die outeurs van die Grondwet as van sulke kardinale belang beskou dat dit reeds in die grondliggende bepalings van die Grondwet aangespreek en beskerm word.  Almal het ook die reg om onderrig in die amptelike taal of tale van hul keuse te ontvang in openbare onderwysinrigtings, mits dit prakties haalbaar is.  In die implementering van hierdie reg moet die staat alle redelike alternatiewe in die onderwys oorweeg, met inbegrip van enkelmediuminstellings.  Op skrif blyk dit dus dat  daar geen twyfel behoort te wees oor die reg op moedertaalonderrig nie. Lees meer…

Praatjie – Afrikaanse Taalmuseum – 2009 03 05

Toeganklikheid in die toerisme- en besigheidswêreld vir mense met gestremdhede

 

Op Donderdag 5 Maart 2009 vind ’n praatjie om 19:00 by Die Afrikaans Taalmuseum Historium plaas in Pastorielaan 11, Paarl plaas. Toeganklikheid in die toerisme- en besigheidswêreld vir mense met gestremdhede word ondersoek. Hierdie aand vorm deel van die Look at me uitstalling wat tot einde Maart by die Afrikaanse Taalmuseum Historium te siene is en op die gelyknamige boek gebaseer is.  

Bywoning is gratis, maar besprekings is noodsaaklik.
Kontak Ingrid Maritz of Mischke le Cordeur by 021 872 3441 of
kommunikasie@taalmuseum.co.za.

Verklaring – Die Burger en Boeksentrum se Groot Boekverkoping

Vir die eerste keer ooit bied Die Burger en Boeksentrum ‘n boekverkoping aan met duisende boeke teen ongelooflike weggee-pryse.  As spesiale aanbod is die eerste drie uur van die verkoping uitsluitlik  gereserveer vir Die Burger lesers – bring eenvoudig ‘n eksemplaar van die koerant saam vir eksklusiewe toegang. Lees meer…

Artikel – Rapport – 2009 02 22 – Maak die soetste taal ook een wat uitreik en versoen

Michael le Cordeur

Gister was Internasionale Moedertaaldag, die ideale geleentheid om te besin oor die stand van Suid-Afrika se 11 amptelike tale. Lees meer…