Argief vir April, 2009

Mediaverklaring – AfriForum Jeug – 2009 04 30 – AfriForum Jeug UP hou musiekkonsert en begin petisie vir Afrikaans op Tuks

AfriForum Jeug se tak by die Universiteit van Pretoria (UP) het vandag ʼn musiekkonsert op dié universiteit se hoofkampus vir bewusmaking oor Afrikaans en moedertaalonderrig aangebied.  By die geleentheid is ‘n petisie vir die bevordering van Afrikaans op Tuks geloods. Lees meer…

Berig – Die Burger – 2009 04 30 – Hier’s ek weer in die Roelandstraat, juig Afrikaans

Kaapstad. – Die Afrikaanse naam vir die Argief- en Rekorddiens van die Wes-Kaap in Roelandstraat is verlede maand vir die eerste keer in jare weer voor die gebou aangebring. Lees meer…

Berig – Die Burger – 2009 04 30 – Dié romansiers ding mee om groot pryse

Die kortlys vir die M-Net ­Literêre Toekennings vir die beste Suid-Afrikaanse ­letterkunde in al die inheemse tale asook Engels is pas bekend gemaak. Lees meer…

Woord van die Week: Uit die Woordeboek van die Afrikaanse Taal

Rehabeam  s.nw.  (wynkunde)  Ook Rehobeam.  (na Rehabeam, seun van Salomo en koning van Juda)

Bottel met ‘n inhoudsmaat van ses normale bottels of inhoudsmaat gelyk aan ses normale botttels:  Elkeen van die woorde dui mate aan: 20 bottels (15 liter) is ‘n Nebukadneser, ses bottels (4,5 liter) ‘n Rehabeam en vier bottels (3 liter) ‘n Jerobeam (Landbw., 4 Des. 1981, 129).

Berig – Die Burger – 2009 04 29 – De Klerk open skakelkantoor vir Afrikaans in die Lae Lande

Brussel. – Afrikaans kry ‘n skakelkantoor in die Lae Lande.  Oudpres. F.W. de Klerk open die kantoor môre op ‘n dinee buite Brussel, België. Lees meer…

Berig – Volksblad – 2009 04 29 – Leer Afrikaans met die nuwe kursus

Is Afrikaans nog altyd vir jou ‘n vreemde taal?   Die departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Unversiteit van die Vrystaat (UV) het onlangs ‘n CD-ROM-kursus vir die aanleer van Afrikaans as vreemde taal bekend gestel. Lees meer…

Program op RSG oor Afrikaanse Taalraad – 2009 04 26

Kliek hier om na die ATR se Voorsitter, prof. wannie Carstens, op RSG se “Die tale wat ons praat” te luister:

http://www.monitoringsa.co.za/Legacy/Digi%20Broadcast%20Prem/Items_Detail.asp?ItemID=1897550

Nuusbrief – Vriende van Afrikaans – April 2009

Lees VVA se Doendinge van April 2009 hier

Brief – Beeld – 2009 04 28 – Skenk Afrikaanse leesgoed

Anandi van Rooy van Carletonville skryf:

As opvoeder in die eiesoortige en unieke omgewing van ‘n plattelandse dorp waar die siele van mense nog herinner aan Matteus 5:13 is dit met ‘n dankbare maar ook weemoedige gemoed dat ek vandag om hulp moet vra van Jan Publiek. Lees meer…

Berig – Beeld – 2009 04 27 – Chameleon gaan in Nederland rock

Anna-Retha Bouwer

Aan die kunstenaar Chris Chameleon is daar blykbaar geen keer nie. Lees meer…