Die seminaar was die tweede in ‘n beplande reeks van seminare oor Afrikaans en/in die onderwys. Die aanbieders was dr Jopie Breed en mnr Chris Klopper van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU). Die seminaar is bygewoon deur ongeveer 30 persone, verteenwoordigend van organisasies en belanghebbers by die tema. Die pers was ook verteenwoordig, en mediadekking oor die seminaar behoort saam met hierdie kort verslag gelees te word. Lees meer…
Argief vir May, 2009
Gerrit Brand se jongste skrywe (18/05/09) en voriges rakende die sg. “Taalkwessie” veral aan Stellenbosch verwys en was motivering vir die brief. Lees meer…
Leopold Scholtz – Die toekoms van Afrikaans gaan primêr in Suid-Afrika beslis word, nie elders in die wêreld nie. Dis ‘n waarheid soos ‘n koei. Maar daar is ‘n tweede waarheid. Die eerste beteken naamlik nie dat mense en instansies elders in die wêreld géén waardevolle rol kan speel nie.
Dié tweede waarheid is vandeesweek geïllustreer deur ‘n rondetafelkonferensie in Antwerpen, Vlaandere, waar ‘n groep Afrikaanse en Vlaamse organisasies vergader het om te besin oor ‘n strategie vir hulp uit Vlaandere en eventueel ook uit Nederland om Afrikaans se toekoms te verseker. Lees meer…
Leopold Scholtz, Antwerpen - Die Nederlandse en Vlaamse kultuurministers gaan dit in Oktober oorweeg om die Nederlandse Taalunie opdrag te gee om voortaan ook steun aan Afrikaans in Suid-Afrika te verleen. Lees meer…
Die kokerboom is as simbool vir die ATR se logo gekies omdat dit so ‘n toonbeeld van oorlewing is.
Die kokerboom is ‘n vaalgroen plant met verrassende heldergeel blomme wat floreer in ‘n dorre landstreek al is daar min hoop op oorlewing. Die boom benut die water deur dit in sy stam op te gaar en die druppels sap wat hy oor sy takke en stam laat val, verander in ‘n wit poeier wat die son wegkaats om so sy takke en blare te beskerm.
Simon van der Stel (1639-1712) het die kokerboom vir die eerste keer op een van sy binnelandse ekspedisies na Namakwaland opgeteken. Pyl-en-boog-jagters het graag die sagte, vogtige binnekant van stamme en takke van die boom uitgehol om as kokers vir hulle pyle te gebruik.
Die kokerboom versinnebeeld die onstuitbare groei, uitreiking en voortgesette ontwikkeling van Afrikaans ten spyte van dikwels ongunstige omstandighede en die harde natuur van die politiek. Afrikaans blom heldergeel in sy letterkunde, sy spreektaal en op allerlei ander gebiede. Afrikaans bied sy taalgebruikers kokers vir hulle pyle om die taal te bevorder en te verdedig.
Die kokerboom op die logo is ‘uitgehol’ om dit, soos die boom, ‘aanpasbaar’ te maak. Die kleur van die papier waarop die logo gedruk word, word sodoende deel van die logo.
Die ontwerp is gedoen deur Lilla Fourie, ‘n grafiese ontwerper van Pretoria. Verskeie voorleggings vir ‘n logo is aan die ATR gemaak, waarvan Lilla se ontwerp, met die besondere simboliek daarvan, gekies is. Die logo word op 19 Mei in Antwerpen, tydens ‘n Rondetafelgesprek van die ATR in België, vir die eerste keer gebruik.
Winde van verandering waai oor Afrikaans in Europa. Flip Buys skryf uit België, waar hy ‘n konferensie oor Afrikaans bywoon.
Die beraad oor Afrikaans wat vandag in Antwerpen in Vlaandere gehou word, is die eerste praktiese uitkoms van ‘n nuwe houding oor Afrikaans onder Europese meningsleiers in Vlaandere en Nederland. Lees meer…
rinnewiet s.nw., rinnewiete. (geselstaal; verouderd)
Ook renewien, renewiet, rewien, rewiener en rinnewien. Iem. wat sy eiendom, dikw. klere of skoene, verrinneweer. (Veral opgeteken i.d. Oranje-Vrystaat, tans die Vrystaat, en in Transvaal, tans Gauteng).
Bloemfonteiners kan van môre af luister na ‘n splinternuwe radiostasie vir Bloemfontein, Botshabelo en Thaba Nchu. MedFM 104.1 sal fokus op inligting om ‘n gesonde leestyl te handhaaf en terselfdertyd volwasse, positiewe kontemporêre musiek speel. Lees meer…
Nicolize van der Walt - Klerksdorp. – Sy mikpunt is R200 000. Daarvoor sal hy in die kas bly sit totdat elke sent getel is. Alles vir Overvaal Stereo 96.1 fm wat Afrikaans bevorder. Lees meer…
