Argief vir June, 2009

Berig – Volksblad – 2009 06 29 – Akademie bring 3 ou maters saam

Die drie ou maters X Pieringoog, die President van die Republiek van Flinkveria en die trekklavierkoning X was Saterdag weer ‘n keer saam. Lees meer…

Berig – Volksblad – 2009 06 29 – Vraag groot na ernstige drama’s

‘n Besliste gehoor vir ernstige dramas op kunstefeeste en sommige ander plekke bestaan in Suid-Afrika. Lees meer…

Berig – Volksblad – 2009 06 29 – Afrikaans ís plesierig, wys Akademie op prysuitdeling

Afrikaans is plesierig en dan maak hy (of sy) só. Met of sonder eisj, jááá . . .

Ook eergister in die ysige Bloemfonteinse koue X met die vroeë temperatuur luidens gerugte tot minus sewe grade Celsius X toe die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns sy jaarlikse pryse aan Afrikaanse presteerders op alle terreine toegeken het. Lees meer…

Woord van die week uit die Woordeboek van die Afrikaanse Taal

rave  (geselstaal)  (Eng.)

I s.nw., raves.

Geleentheid wat gew. deurnag aangebied word, wat met polsende elektroniese dansmusiek en psigedeliese beligting gepaardgaan en dikw. geassosieer word m.d. gebruik van energiedrankies en dwelmmiddels, veral Ecstasy:  Klubdwelms word geredelik by die meeste raves en tiener- en studenteklubs gevind en is gewoonlik heelwat goedkoper as alkohol, wat dit baie aanloklik maak (Beeld, 20 Des. 2006, E)

Opinie – Rapport – 2009 06 28 – Bêre die messe!

F.W. de Klerk   -   Dit was rondom die Afrikaanse taal dat Afrikaners gemobiliseer het om op te staan uit die verwoesting van die Anglo-Boereoorlog. Afrikaans het die fondament geword van ‘n nuwe identiteit en trots op die eie. In Afrikaans is onreg gepleeg. Insgelyks het Afrikaans ‘n deurslaggewende rol gespeel in die daarstelling van ‘n nuwe, regverdige Suid-Afrika. Lees meer…

Berig – Rapport – 2009 06 28 – Eeufees op hoë peil gevier

jan-Jan Joubert – Bloemfontein – Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het hierdie week sy vere reggeskud vir sy tweede eeu. Lees meer…

Berig – Rapport – 2009 06 28 – Afrikaanse fakkeldraers kry medaljes vir kuns en wetenskap

Jan-Jan Joubert – Bloemfontein -  Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het vanjaar een van die weglatings waarvoor hy die meeste kritiek moes trotseer – die nie-bekroning van die digter en dramaturg Adam Small – reggestel deur ‘n spesiale medalje aan hom toe te ken. Lees meer…

Berig – Rapport – 2009 06 28 – UJ neem ook swaard op vir Afrikaans

Die geveg om Afrikaans op tersiêre vlak het na die kampus van ‘n vyfde histories Afrikaanse universiteit uitgebrei – dié van die Universiteit van Johannesburg (UJ) “waar Afrikaans uitgesterf het”. Lees meer…

Opinie – Rapport – 2009 06 28 – Jacob Rooi: Kyk ook na die UWK om Afrikaans uit te bou

Ek is bevrees die vrymoedigheid het my altyd ontbreek om oor my moedertaal, Afrikaans, te skryf. Afrikaans, die taal van my bevryding, bemagtiging, waarin ek my lewe lank my brood en botter verdien. Lees meer…

Berig – Volksblad – 2009 06 27 – Kloof tussen gemeenskappe moet verdwyn

‘n BEPALENDE kenmerk van die tweede Afrikaanse renaissance, wat op pad is, gaan wees hoe verskillende Afrikaanse taalgemeenskappe by mekaar aansluiting vind. Lees meer…