Argief vir July, 2009

Berig – Die Burger – 2009 07 30 – Onsekerheid heers oor getal Afrikaanse skole

Pretoria. – Hoeveel Afrikaans-enkelmediumskole is daar wérklik in die land oor?  Dít is die vraag wat geopper word nadat die getal skole wat die onderwysdepartement uitgewys het, radikaal verskil van opnames wat die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) onlangs gedoen het.

Lees meer…

Woord van die week uit die Woordeboek van die Afrikaanse Taal

klein’-Saterdag s.nw. Ook los geskryf klein Saterdag.

1       Vrydag — wsk. so genoem omdat loonwerkers Vrydagmiddag hulle weeklikse loon ontvang en dorp of winkel toe gaan en in die aand plesierig is

2        Woensdag — wsk. so genoem omdat baie werkers Woensdagmiddag vry het of omdat daar Woensdagaand uitgegaan of gekuier word soos op Saterdag.

Aankondiging – Vriende van Afrikaans – Koop-‘n-Afrikaanse-boek-dag 2009

Koop op 14 Augustus ‘n Afrikaanse boek en neem deel aan die Vriende van Afrikaans se bewusmakingsveldtog rondom boeke en lees!

Koop ‘n Afrikaanse boek vir jouself of vir iemand wat dit nie kan bekostig nie. Op dié manier help jy om ʼn leeskultuur aan te wakker en ook om mense aan te moedig om die wye verskeidenheid Afrikaanse boeke wat op die mark is, te koop. Slegs as die boekbedryf ondersteun word, kan hulle aanhou om Afrikaanse boeke te bemark.

Boekwinkels landwyd ondersteun hierdie poging en gee afslag op boeke op 14 Augustus. En as hulle dit nog nie doen nie, praat hulle sommer om om ook deel te neem!

Versprei hierdie nuus asseblief so wyd as moontlik!

Amanda de Stadler

Uitvoerende Beampte

clip_image001

Banghoekweg 115

Stellenbosch 7600

Tel 021 808 3744/5

Faks 0866171287

www.vriendevanafrikaans.co.za

Aankondiging – Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument bied aan: Taalweek 9 tot 15 Augustus 2009

Gedurende Augustus vier ons ons jaarlikse Taalweek met ‘n verskeidenheid van interessante programme. Gaan loer gerus in ons Dagboek vir die volledige Taalweekprogram.

Wees ook op die uitkyk vir die opkomende Julie / Augustus uitgawe van ons nuusbrief, Afrikaans Forum.

ATR GALA-AAND EN ALGEMENE JAARVERGADERING

GALA-AAND EN ALGEMENE JAARVERGADERING

U word hartlik uitgenooi na hierdie twee geleenthede.

WANNEER:

Gala-aand:  Vrydag 14 Augustus 2009 (met gaskunstenaars Jannie du Toit, Christa Steyn en

                   Pieter van der Westhuizen)

Jaarvergadering:  Saterdag 15 Augustus 2009

Lees meer…

2009 07 29 – Vakature – Lektoraat in Afrikaans, Universiteit Kaapstad

Skool vir Tale & Letterkunde, Universiteit Kaapstad

Lektoraat: Afdeling Afrikaans

Ons wag aansoeke in van geskikte kandidate wat so spoedig moontlik diens kan aanvaar in die bostaande pos.

Lees meer…

Nuusbrief – WAT – Julie 2009

Lees die nuusbrief hier

Berig – Die Burger – 2009 07 27 – Die Burger verjaar

Gister was dit 94 jaar gelede dat Die Burger vir die eerste keer van die pers gerol het. In dié tyd het sowel die koerant as die wêreld onherkenbaar verander. Lees meer…

Nuusbrief – Vlaams Zuid-Afrikaanse Cultuurstichting – Julie 2009

Lees die nuusbrief hier

Artikel – Rapport – 2009 07 26 – Onderwys ons kruis

Christo van der Rheede    -    “Education is the most powerful weapon which you can use to change the world .” – Oudpres. Nelson Mandela Lees meer…