Argief vir August, 2009

Woord van die week uit die Woordeboek van die Afrikaanse Taal

klein in die hoek, maar groot in die broek      Klein van postuur, maar manhaftig of grootdoenerig van gedrag.

Berig – Beeld – 2009 08 31 – “Anything but English is unacceptable”

Berig – Rapport – 2009 08 30 – ‘Los US-taalsake nou uit’

Marlene Malan  -   Mikpunte vir ’n minimum Afrikaans-aanbod aan die Universiteit van Stellenbosch (US) sá nagejaag word.

Daarvan kan die akademiese gemeenskap en die publiek seker wees, want dis hoe die bestuur en dekane Afrikaans se plek by die US gaan verseker.

Lees meer…

Berig – Rapport – 2009 08 30 – ‘Studente minag Afrikaans’

Marlene Malan  -   Afrikaanssprekende studente moenie kla as Afrikaans by die Universiteit van Stellenbosch (US) afgeskeep word nie.

Dis húlle wat die taal self gruwelik op akademiese vlak verwaarloos.

Lees meer…

Artikel – Litnet – 2009 08 30 – Meneer, ek soek werk

Lees die artikel deur Michael le Cordeur hier:

http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=72804&cat_id=321

Brief – Rapport – 2009 08 30 – Afrikaans ‘n huis met vele deure

Van der Merwe, Florida   -    Na aanleiding van die berig “ATKV bly nie-rassig, wyk nie af van beleid” (Rapport, 23 Augustus) net die volgende:  Dankie, mnr. Johan van Schoor, oor jou stelling dat die ATKV hom daartoe verbind om die breë Afrikaanssprekende te dien. Al wat ons bereik deur Afrikaanssprekende groepe uit te skakel, om watter rede ook al, is juis om die Afrikaanse taal en kultuur te benadeel. Ons plaas dit dan op die lys vir bedreigde tale en kulture, juis dit wat die ATKV probeer verhoed.

Lees meer…

Nuusbrief – SAVF – Augustus 2009

Uitnodiging – Roots-konferensie – 22 & 23 September 2009

SCHOOL OF GOVERNMENT-GEBOU, UNIVERSITEIT VAN WES-KAAPLAND

U word hartlik uitgenooi na ’n konferensie met die tema “Spreek, Thetha, Talk: ’n Suid-Afrikaans-Nederlandse dialoog oor die dinamika van taal, kultuur en erfenis” (program aangeheg). Die konferensie vorm deel van die Afrikaanse Taalprojek Roots, ’n inisiatief van die nasionale Departement van Kuns en Kultuur, in samewerking met die Universiteit van Wes-Kaapland en die ambassades van Nederland en België. Van die voorste akademici en kundiges van Suid-Afrika en die Nederlandssprekende gebiede sal aan die interaktiewe gesprekke deelneem.  Bywoning is gratis. Die getal deelnemers is egter beperk. Organisasies word derhalwe versoek om hoogstens twee persone aan te wys om die konferensie by te woon.  Voltooi asseblief die meegaande inskrywingsvorm en stuur per faks aan 021 959 1249 of stuur e-pos aan sflanders@uwc.ac.za voor of op 4 September 2009 voor 12:00 om u teenwoordigheid te bevestig. Skryf vandag nog in om teleurstelling te vermy. Ons sien daarna uit om u by hierdie unieke geleentheid te verwelkom.

Vriendelike groete.

Prof. Jatti Bredekamp, Voorsitter: Ministeriële Stuurkomitee

Prof. Brian O’Connell, Rektor: Universiteit van Wes-Kaapland

Brief – Die Burger – 2009 08 25 – Breyten nie al een wat stem verhef

Braam de Vries  -  Ek verwys na Ampie Coetzee se artikel “Een land, een taal?” (DB, 22.08). Hy skryf: “Geen Afrikaanse skrywer het tot dusver iets oor die verengelsing gesê nie – behalwe Breyten Breytenbach wat al lank gelede gepraat het van ons ‘bastertaal’… Hy sê vandag dat hy in ’n ‘dooitaal’ skryf.”

Lees meer…

Woord van die Week uit die Etimologiewoordeboek van Afrikaans, ‘n produk van die WAT

kupie   s.nw., kupies.  Skatlike, mollige babafiguurtjie met vlerkies en ‘n haarkrul.

Uit Engels cupie, die verkleinwoord van cupid wat teruggevoer kan word na Latyn cupido, "begeerte, liefde".