Argief vir September, 2009

Referaat – Prof.Wannie Carstens – gehou by Roots op 2009 09 22

Uitnodiging – Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns – 2009 10 16 – Mini-simposium

Aankondiging – ATKV konferensie-oorde se “Wen ‘n diamant” kompetisie 2009

Mediaverklaring – SA Vertalersinstituut – 2009 09 29 – SAPD se taalbeleid in Limpopo

Woord van die week uit die Woordeboek van die Afrikaanse Taal

rooiklein  b.nw.  (ongewoon)  In die babastadium:  Ek was nog rooiklein toe dit gebeur het (Opgeteken in Namakwaland).

ATR-Mediaverklaring – 2009 09 28 – Miskenning van amptelike tale deur die SAPD Limpopo

Die taalregte van alle inwoners van die Limpopo word ernstig geskend met die onlangse opdrag van die adjunk-provinsiale polisiekommissaris van die provinsie dat alle polisiedossiers voortaan slegs in Engels geopen, geregistreer en ondersoek sal word en dat alle verklarings slegs in Engels afgeneem word en dat alle inskrywings in die ondersoekdagboek slegs in Engels gemaak moet word. Veral inwoners wat Engels nie goed magtig is nie, se grondwetlike regte word ernstig aangetas en in werklikheid gaan dit om die oortreding van die Grondwet van Suid-Afrika.

Die Afrikaanse Taalraad het van die omsendskrywe kennis geneem en het sy steun toegesê aan die inisiatief van die burgerregte-organisasie, AfriForum, om ‘n klag by die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad in te dien.

Die Afrikaanse Taalraad (ATR) wat meer as 40 Afrikaans-georiënteerde organisasies met nageoeg 400 000 lede verteenwoordig en hom ten doel stel om Afrikaans te bevorder, te bemagtig en te beskerm, is ernstig bekommerd oor die maatreël wat in kriminele gevalle sowel die slagoffer as die aangeklaagde benadeel. Die maatreël kan tot die mees onnatuurlike situasies lei waarby ‘n polisiebeampte en ‘n beskuldigde asook die slagoffer dieselfde moedertaal praat en in ‘n geradbraakte Engels moet kommunikeer. Die besluit kan selfs hofprosedures ontwrig.

Volgens AfriForum se voorlegging aan PanSAT toon sensussyfers aan dat Engels op ‘n tydstip negende in rang is wat betref huistale in die provinsie. Daar kan dus redelikerwyse verwag word dat die meeste polisielede, misdaadslagoffers en aangeklaagdes nie vlot sprekers van Engels is nie: “Om die rede kan die skending van hulle taalregte verwag word en ook ernstige voorvalle van ander burgerregteskendings, byvoorbeeld as tolke nie geredelik beskikbaar is nie, of wanneer verklarings vanweë taalversperrings feitefoute bevat wat toegeskryf kan word aan ‘n gebrek aan vaardigheid in Engels,” lui die beswaarskrif van AfriForum.

Die ATR ag dit dringend noodsaaklik dat die Nasionale Talewet wat in ooreenstemming met die Grondwet van Suid-Afrika opgestel is en gelyke regte aan alle tale in die land bied, spoedig geïmplementeer moet word. Die wet maak voorsiening vir ‘n billike bedeling vir die elf amptelike tale van Suid-Afrika en sal voorkom dat onbillike en selfs diskriminerende maatreëls soos dié in Limpopo getref word.

Aankondiging – Die Afrikaanse Taalmuseum en –monument – Vomaanpiekniek – 2009 10 03

Die gewilde volmaanpieknieks begin weer in Oktober. Piekniekliefhebbers kan hul mandjies begin pak vir die gewilde volmaanpieknieks by die Taalmonument op Paarlberg wat weer vanaf Oktobermaand ’n aanvang neem.

Lees meer…

Woord van die week uit die Woordeboek van die Afrikaanse Taal

rondom my, maar nie aan my nie  (gewoonlik as waarskuwing gebruik)  Moenie met my lol of skoorsoek nie.

Nuusbrief – Nederlandse Taalunie – September 2009

debat ‘Elk vogeltje zingt…’

Je moet niet koel doen met je bling bling
Kuj’gien dag zeg’n?
8UV
Hun hebben de wereldcup gewonnen

Lees meer…

Berig – Beeld – 2009 09 21 – Taalraad steun ‘n klag teen “English only”