’n Deel van voorgraadse onderrig in Afrikaans is nog net op ses van die altesame 36 kampusse van 23 openbare universiteite beskikbaar.
Argief vir October, 2009
Kom kuier in Pastorielaan
palimpses s.nw., palimpseste. Ook soms palimpsest.
Dokument, soos ‘n perkamentrol of manuskrip, waarvan die oorspronklike skrif gedeeltelik of volledig verwyder is ten einde ‘n tweede of verdere keer daarop te kan skryf, maar waarvan die oorspronklike skrif dikw. nog leesbaar is: Navorsers het ontdek dat ‘n ouer teks onder die wysheid van Ephraem op die perkament verborge lê. (Geleerdes noem so ‘n dubbeld beskrewe teks ‘n palimpses) (F.C. Fensham, vert.: In die Begin was die Woord, 1961, 187).
‘n nagspook op dagdiens (streektaal)
1 Baie lelike persoon. (Opgeteken in die S.Kaap, Namibië en KwaZulu-Natal).
2 Persoon wat misplaas is in sy omgewing: Baie van die modebewuste pruikdraers sou vandag seker aangesien word vir nagspoke op dagdiens (Die Burger, 2 Febr. 1987, 5). (Ook opgeteken in die O.Kaap en Namibië).
Leopold Scholtz - ‘Dis belangrik dat die Nederlanders begryp Afrikaans is ’n Afrikataal, nie Nederlands met ’n rare aksent nie.”
Aan die woord is mnr. Frans Timmermans, die Nederlandse adjunkminister van buitelandse sake.
Ons gesels in sy ruim kantoor in die middestad van Den Haag.
Die Nederlandse houding teenoor Afrikaans, sy sustertaal, het die laaste jare drasties verander.
Hy is een van die mense wat ’n kernrol in dié proses speel. Lees meer…
[Sien veral punt 3 re die Taalwet]
F W de Klerk het die SAKP se Medium Termyn Visie om `n werkersklas hegemonie in die staat en alle sentrums van mag te vestig, geïdentifiseer as een van die sewe bedreigings van die Grondwet. Tydens `n lesing die afgelope week by die Potchefstroom Kampus van die Noordwes-Universiteit het hy gesê die Grondwet is "die onontbeerlike grondslag van ons nasionale eenheid en bied dit ons beste en blywende hoop vir voortgesette vryheid, voorspoed en stabiliteit."
De Klerk het die sewe bedreigings vir die Grondwet as volg identifiseer:

