Argief vir November, 2009
ʼn Afvaardiging van die Afrikaanse Taalraad, onder leiding van dr. Michael le Cordeur, tans waarnemende voorsitter van die ATR, het oor die taalbeleid van die US die volgende gesprek met die viserektor, prof. Magda Fourie van US, gevoer.
November s.nw. Elfde maand van die jaar.
Uit Latyn November "negende maand", uit Latyn novem "nege". Oorspronklik was November die negende maand, maar nadat Julius Caesar en Augustus Caesar twee maande na hulself vernoem het (onderskeidelik Julie en Augustus) en dié na Junie ingeskuif het, het November die elfde maand geword.
Die vertragingstaktiek van President Jacob Zuma, Minister Lulu Xingwana, om die taalsaak, wat Mnr. Cerneels Lourens van Brits in die Noord Gautengse Provinsiale Afdeling van die Hoë Hof aanhange gemaak het, is deur Lourens stop gesit. Mnr. Themba Wakhase, direkteur-generaal van die Departement van Kuns en Kultuur, wat die hoof van die regering se onderhandelingspan was, het met ‘n belaglike voorstel vorendag gekom. Hy het aan Lourens voorgestel dat sy departement nog tot 30 Junie 2011 neem om die wetgewing voor te berei om dan eers aan die Parlement voor te lê. In die hofstukke versoek Lourens dat die hof die President, die Parlement, die Minister van Kuns, Kultuur en die Minister van Justisie gelas om die Nasionale Taalwet binne 12 maande te finaliseer en te promulgeer. Die hofsaak is onderbreuk toe onderhandelinge begin is aangesien die Respondente die regspunt, waarop Lourens sy saak baseer, by implikasie reeds toegegee het. Kragtens sub artikel 6(4) saam gelees met item 21 van Skedule VI en artikel 237 van die Grondwet moes Nasionale en Provinsiale Taalwetgewing binne redelike tyd na 10 Mei 1996 gefinaliseer gewees het. Dit is nou reeds meer as 13 jaar dat die Regering versuim om aan hierdie grondwetlike verpligting te voldoen. Lourens stel dit dat Mnr. Themba Wakashe persoonlike aanspreeklikheid vir hierdie Grondwet versuim moet neem en doen hy ‘n beroep op President Jacob Zuma om Minister Lulu Xingwana opdrag te om Mnr. Themba Wakashe in die pad te steek. Dit is duidelik en het dit uit die onderhandelinge duideliker geword dat hy nie bevoeg is om hierdie grondwetlike verpligting uit te voer nie, sê Lourens. Dit is Mnr. Themba Wakashe wat die gewraakte uitlating in sy hofstukke gemaak het dat dit nie sy skuld is dat Afrikaans nie die hoogtes van Engels in die nuwe bedeling bereik het nie, terwyl dit sy departement is wat grondwetbreuk pleeg. Volgens Lourens handel die saak nie net oor Afrikaans nie, maar oor al 11 amptelike tale.
boen ww., het geboen (verouderd)
1 Met was insmeer en dan met ‘n sagte doek opvrywe; sin. poets.
2 Met water natmaak en dan met ‘n borsel skrop.
3 (figuurlik) ‘n Skoon, blink voorkoms aan iets gee: Die bloekoms langs die paaie is almal nuut geboen (Leipoldt).
Die Elektroniese WAT (A tot R) het pas verskyn. Dit volg op die publikasie van Deel XIII (die letter R) van die WAT in Julie vanjaar. Die Elektroniese WAT bied die omvangryke inligting wat in 13 WAT-dele (A tot R) vervat is – die ekwivalent van meer as 8 800 gedrukte bladsye. Die Elektroniese WAT is die mees omvattende weerspieëling van die Afrikaanse woordeskat wat beskikbaar is en bevat nagenoeg 200 000 verklaarde inskrywings. Die woorde en uitdrukkings in hierdie woordeboek kom uit die geskrewe én gesproke taal en sluit streektaal, geselstaal en die variëteite van Afrikaans in. As bonus is Woordkeusegids, ‘n kerntesourus van Afrikaans ook bygevoeg.

