Argief vir December, 2009

Brief – Die Burger – 2009 12 31 – Gratis universiteit lei tot bemagtiging

Die idee van ’n gratis Afrikaanse universiteit, wat ondersteun is in ’n hoofartikel in Die Burger (28.12), is ’n baie ambisieuse gedagte, maar duidelik een wat deur ’n behoefte in die gemeenskap gedryf word.

Lees meer…

Mediaverklaring – AfriForum – 2009 12 28 – Ouers gevra om kinders in moedertaal te laat onderrig

AfriForum het ʼn beroep op ouers gedoen om hulle kinders in die komende jaar in skole te sit waar hulle in hulle moedertaal onderrig kan word. Ouers word ook deur AfriForum versoek om in ʼn toenemende mate druk op die regering te plaas om moedertaalonderrig te voorsien in gevalle waar dit nie reeds beskikbaar is nie. Waar moedertaalonderrig beskikbaar is, moet ouers volgens AfriForum enige poging van die regering om moedertaalonderring in te perk, sterk teenstaan.

Lees meer…

Hoofartikel – Die Burger – 2009 12 28 – Gratis Afrikaanse universiteit

Daar word al hoe sterker geluide gemaak oor die vestiging van ’n gratis Afrikaanse universiteit.

Lees meer…

Woord van die Week uit Etimologiewoordeboek van Afrikaans, ‘n produk van die WAT

vakansie        s.nw., vakansies, vakansietjie.

Tydperk wanneer iemand met verlof is of wanneer daar nie gewerk hoef te word nie.

Uit Nederlands vakantie, uit vacant, uit Latyn vacere "om vry of leeg te wees".

Artikel – Die Burger – 2009 12 24 – Gratis Afrikaanse universiteit beplan

Marelize Potgieter

Kaapstad

’n Gratis Afrikaanse universiteit kan “een van die grootste liefdesdade” wees wat aan die Afrikaanssprekende gemeenskap nagelaat word.

Dít is die mening van die uitvoerende hoof van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, mnr. Christo van der Rheede.

Lees meer…

Artikel – Joris Cornelissen, NZAV – Stef Bos, ambassadeur van het Afrikaans

"De flexibele pionierstaal Afrikaans biedt een prachtige kijk op het Nederlands" en, ten aanzien van Zuid-Afrika: "Het concept van de regenboognatie is achterhaald, we moeten onze verschillen koesteren" Het zijn twee uitspraken die de rode draad vormen van het vraaggesprek met gevierd zanger en tekstschrijver Stef Bos. Vanwege zijn langdurige band met Zuid-Afrika kan Stef Bos een eigen visie geven op het land en op de Afrikaanse taal. Hij spaart daarbij zijn eigen, aanvankelijk bevooroordeelde kijk op Zuid-Afrika en de apartheidstaal Afrikaans allerminst.

Lees meer…

Woord van die Week uit die Woordeboek van die Afrikaanse Taal

Kersfees  s.nw. Fees ter herdenking van Christus se geboorte op 25 Desember.

Kers in Kersfees kom uit Nederlands Kerst wat weer kom uit Krist of Christ wat vroeër in Nederlands algemeen was vir Christus, ‘n Latynse woord.  Die eerste lettergreep van die woord Kersfees vertoon ‘n heel interessante vervorming van die naam Christus (J.J. Smith: Die Suiderstem, 24 Des. 1937). (Aangepas uit Deel V van die WAT)

Nuusbrief – Nederlands Taalunie – Desember 2009

Nederlands, wereldtaal

2010 wordt een feestjaar! De Nederlandse Taalunie viert haar dertigjarig bestaan.

Bij die gelegenheid zetten we het Nederlands in het zonnetje. Het hele jaar door besteden we extra aandacht aan interessante, belangrijke en ook gewoon leuke dingen die met het Nederlands te maken hebben. In het najaar komt het hoogtepunt van onze festiviteiten.

Lees meer…

Artikel – ‘n Gratis Afrikaanse universiteit – ‘n vergesogte idee?

Christo van der Rheede

 

Om telkens ’n oproep van ’n huilende ouer te ontvang oor ’n kind wat graag vêrder na matriek wil gaan studeer, maar wat weens ’n tekort aan geld nooit by ’n tersiêre inrigting sal uitkom nie, is hartverskeurend om die minste te sê. Veel help die verwysings wat ’n mens probeer gee ook nie, want soveel andere kompeteer vir die beskikbare beurse en lenings.

Lees meer…

Repliek – Jan Rabie- en Marjorie Wallace-beurstoekenning

Christo van der Rheede

Die besluit om die Jan Rabie- en Marjorie Wallace-beurs aan André P. Brink toe te ken het ‘n storm ontketen soos min. Die skrywes in koerante en strome e-posse en sms’e wat die rondte doen en wat verband hou met dié aangeleentheid, is aanduidend van ‘n aantal frustrasies waarmee veral bruin digters, skrywers, sangers, akteurs, joernaliste, radio- en televisiemense en nog vele ander oor ‘n lang tydperk mee worstel.

Lees meer…