Argief vir January, 2010
Dit moet soms eers nag word om die sterre op hul helderste te kan sien. Die FW de Klerk-stigting se beraad op die Vredesheim-landgoed, waar openlik en reguit oor die stand van Afrikaans gepraat is, is ’n welkome ligstraal nadat die sogenaamde taaldebat die laaste paar maande die onderskeie rolspelers weerskante van die diskoers se nekhare laat kriewel het.
Marlene Malan
Afrikaanssprekendes – saam met die sprekers van al nege ander inheemse tale in Suid-Afrika – het die Grondwet in die hand en moet die regering regstreeks konfronteer oor sy minagting van dié tale.
Marlene Malan
Dubbelmediumonderrig – of die T-opsie – werk nié. Dit was die boodskap aan die Universiteit van Stellenbosch (US) by die De Klerk-taalberaad.
Marlene Malan
Armoede, werkloosheid, “onindiensneembaarheid” en Suid-Afrika se swak skole-slaagsyfer kan in verband gebring word met gebrekkige moedertaalonderrig en ’n gebrekkige werk-etiek in skole.
Carien Kruger
“Afrikaans is ’n bose gees en moet as onderrigtaal afgeskaf word.” Só sê mnr. Gaolatlhe Kgabo, ’n sekretaris van die SAKP-jeugliga in ’n wyk in Christiana.
Jan-Jan Joubert
Dit was C.S. Lewis wat gesê het ons lees sodat ons weet dat ons nie alleen is nie.
