Argief vir February, 2010
Die Vriende van Afrikaans het op hierdie grootse musiekprojek besluit om die wonderlike koorwerk meer toeganklik te maak vir kore in Suid-Afrika. Die saadjie is geplant deur die dirigent van die Pro Cantu- en Jeugkoor, Leon Starker. Die vespers is in opdrag van die Vriende van Afrikaans vertaal deur mev Helene Dippenaar. Sy is ‘n poliglot (Afrikaans, Engels, Frans, Duits en Russies magtig) en ook ‘n musikoloog van Durbanville. Jare as koorleier en musiekonderwyseres het haar by uitstek geskik gemaak vir hierdie taak.
perdalks bw. Selde ook perdalkies. (moontlik uit Eng. perhaps + Afr. dalk) Miskien of moontlik: My man geur sy porsie sop met ‘n teelepel Engelse mosterd en perdalks ‘n paar druppels Worcestersous (M. v. Biljon in De Kat, Jun. 1988, 124). As daar perdalks ‘n hofsaak van kom, sal ek onbeskaamd lieg en sê: hy lieg, soiets sou ek mos nooit gesê het nie (M. Scholtz: Wynland, 1969, 139).
André van Mpumalanga skryf:
Die inhuldiging van Maties se kanselier, dr. Johann Rupert, het betrekking.
Die aand sien ons op die Afrikaanse nuus ’n stukkie van die toespraak wat dr. Blade Nzimande gelewer het en ’n stukkie van Rupert s’n.
Die kanselier, sê die HAT, is die titulêre hoof van ‘n universiteit.
Hy of sy ken grade by die gradeplegtigheid toe.
Die beginsel dat kinders vir ten minste die eerste ses jaar van hul skoolloopbaan in hul moedertaal onderrig moet word, word nou byna universeel erken. Ervaring oor die wêreld het ook getoon dat kinders ‘n tweede (wêreld-) taal baie meer effektief aanleer indien hulle in `n taal onderrig word wat hulle verstaan. Die teenoorgestelde hiervan is dat indien kinders die grootste gedeelte van hul primêre skoolopleiding ontvang in ‘n taal wat hulle nie verstaan nie – en wat hul onderwysers dikwels nie behoorlik kan praat nie – hul kognitiewe ontwikkeling ernstig benadeel word. Navorsing deur Dr Kathleen Heugh onthul merkbaar hoër resultate vir kinders wat hul laerskoolopvoeding in hul moedertaal ontvang.
Die Grondwet verklaar op ondubbelsinnige wyse dat al ons amptelike tale gelykheid van aansien moet geniet en dat "elkeen die reg het om onderwys te ontvang in die amptelike taal of tale van hul keuse in openbare onderwysinstellings, waar daardie onderwys redelikerwys doenlik is". Die 1996-Den Haag Aanbevelings ten opsigte van die Onderwysregte van die Nasionale Minderhede het voorgestel dat "…die leerprogram op laerskool verkieslik in die minderheidstaal (moedertaal) aangebied moet word." Ons eie onderwysowerhede erken ook die belangrikheid van moedertaal onderwys. Op 31 Julie 2006 het die voormalige nasionale minister van onderwys, Naledi Pandor, toegegee dat "…opvoeding in die moedertaal ‘n verskeidenheid van opvoedingsgeleenthede moet vestig wat nie voorheen beskikbaar was in Suid-Afrika nie. Die beleid erken dat die beleid en praktyk miljoene kinders benadeel het en dit bevorder ook die effektiewe studie van en opvoeding van die voorheen afgeskeepte inheemse tale van Suid-Afrika.”
Waarom het ons, onder hierdie omstandighede, so min vordering gemaak met die implementering van moedertaalonderwys – en waarom verkeer baie skole wat dit wel toepas onder so veel druk? Volgens Minister Pandor is "die grootste struikelblokke wat ons in die gesig staar ten opsigte van die bevordering van moedertaalonderrig in die gesig staar, die feit dat baie ouers nog verkies dat hul kinders in Engels onderrig word." Volgens ‘n RGN-ondersoek verkies "die meeste Suid-Afrikaners Engels as taal van onderrig vanaf graad 1 (met die uitsondering van die Wes-Kaap en die Noord-Kaap). En die keuse van Engels neem nog sterker toe vanaf graad 6 tot graad 12. " " Onder byna alle swart Afrikane word Engels gesien as die taal van potensiële opwaartse opvoedkundige mobiliteit; Afrikaans behou sekere sterk eienskappe op alle vlakke … en inheemse Afrika-tale, selfs op die laagste vlakke van die stelsel, word as minderwaardig beskou en verloor verdere aansien soos die kind deur die onderwysstelsel klim.”
Die kern van die probleem is dat die meeste swart Suid-Afrikaners glo dat hul tale van minderwaardige opvoedkundige waarde is. Hierdie is ‘n ernstige wanbegrip wat deur die regering aanspreek moet word deur `n behoorlike openbare kommunikasie-veldtog.
Die probleem wat baie van die oorblywende enkelmedium Afrikaanse skole ondervind, is dat demografiese veranderings en die neiging van ‘n minderheid van ouers om Engels te verkies, lei tot ‘n daling in Afrikaanse leerlingtalle en skole wat half leeg is. Hierdie skole gaan gebuk onder geweldige druk om saam te smelt met Engelsmedium skole – wat dikwels enorme druk op die voortsetting van Afrikaanse onderrig plaas. Die oplossing kan, weereens, wees om Afrikaanse skole te konsolideer en om ouers te oortuig dat hul kinders nie benadeel sal word indien hulle onderrig word in Afrikaans nie.
Moedertaalonderrig is ‘n noodsaaklike grondslag vir goeie opvoeding. Die uitdaging is om die regering te oortuig om nog baie meer te doen om te verseker dat dit ‘n werklikheid word – en om ouers te oortuig dat hul kinders beter opvoeding sal ontvang – ten minste op laerskoolvlak – indien hulle onderrig ontvang in ‘n taal wat hulle kan verstaan.
André Watson, bestuurder van die SA Rugby Skeidsregtersvereniging, het AfriForum pas skriftelik daarvan verseker dat die rugbyreëlboek binnekort wel weer in Afrikaans beskikbaar sal wees. Dit volg nadat AfriForum, in reaksie op klagtes wat van die publiek ontvang is rakende die uitfasering van die Afrikaanse weergawe van die reëlboek, gedreig het om ʼn protesveldtog van stapel te stuur. AfriForum het Watson se versekering verwelkom en onderneem om nie met die voorgenome protesveldtog voort te gaan nie.
Luister hier na die program.
