Argief vir February, 2010

Referaat – Dr Michael le Cordeur – Die rol van Islam in Afrikaans

Medewerkersnuus – Vriende van Afrikaans – Vertaling van die 15 vespers van Rachmaninof

Die Vriende van Afrikaans het op hierdie grootse musiekprojek besluit om die wonderlike koorwerk meer toeganklik te maak vir kore in Suid-Afrika. Die saadjie is geplant deur die dirigent van die Pro Cantu- en Jeugkoor, Leon Starker. Die vespers is in opdrag van die Vriende van Afrikaans vertaal deur mev Helene Dippenaar. Sy is ‘n poliglot (Afrikaans, Engels, Frans, Duits en Russies magtig) en ook ‘n musikoloog van Durbanville. Jare as koorleier en musiekonderwyseres het haar by uitstek geskik gemaak vir hierdie taak.

Lees meer…

Woord van die Week uit die Woordeboek van die Afrikaanse Taal

perdalks        bw.  Selde ook perdalkies.  (moontlik uit Eng. perhaps + Afr. dalk)  Miskien of moontlik:  My man geur sy porsie sop met ‘n teelepel Engelse mosterd en perdalks ‘n paar druppels Worcestersous (M. v. Biljon in De Kat, Jun. 1988, 124).  As daar perdalks ‘n hofsaak van kom, sal ek onbeskaamd lieg en sê: hy lieg, soiets sou ek mos nooit gesê het nie (M. Scholtz: Wynland, 1969, 139).

2010 02 25 – Die Burger – Promosie-eksemplaar oor die Letterkunde Simposium gehou die afgelope naweek te UWK

clip_image001

Lees meer…

Brief – Beeld – 2010 02 24 -

André van Mpumalanga skryf:

    Die inhuldiging van Maties se kanselier, dr. Johann Rupert, het betrekking.

    Die aand sien ons op die Afrikaanse nuus ’n stukkie van die toespraak wat dr. Blade Nzimande gelewer het en ’n stukkie van Rupert s’n.

    Lees meer…

    Berig – Die Burger – 2010 02 23 – Dié kanselier nié vir stowwerigheid nie

    Johann Rupert

    Die kanselier, sê die HAT, is die titulêre hoof van ‘n universiteit.

    Hy of sy ken grade by die gradeplegtigheid toe.

    Lees meer…

    Uitnodiging – Woordfees – Nuwe woorde word nuwe liedere

    clip_image001

    Mediaverklaring – FW de Klerk-Stigting – 2010 02 21 – Internasionale Moedertaaldag

    Die beginsel dat kinders vir ten minste die eerste ses jaar van hul skoolloopbaan in hul moedertaal  onderrig moet word, word nou byna universeel erken.  Ervaring oor die wêreld het ook getoon dat kinders ‘n tweede (wêreld-) taal baie meer effektief aanleer indien hulle in `n taal onderrig word wat hulle verstaan.  Die teenoorgestelde hiervan is dat indien kinders die grootste gedeelte van hul primêre skoolopleiding ontvang in ‘n taal  wat hulle nie verstaan nie – en wat hul onderwysers dikwels nie behoorlik kan praat nie – hul kognitiewe ontwikkeling ernstig benadeel word.  Navorsing deur Dr Kathleen Heugh onthul merkbaar hoër resultate vir kinders wat hul laerskoolopvoeding in hul moedertaal ontvang.
    Die Grondwet verklaar op ondubbelsinnige wyse dat al ons amptelike tale gelykheid van aansien moet geniet en dat "elkeen die reg het om onderwys te ontvang in die amptelike taal of tale van hul keuse in openbare onderwysinstellings, waar daardie onderwys redelikerwys doenlik is".  Die 1996-Den Haag Aanbevelings ten opsigte van die Onderwysregte van die Nasionale Minderhede  het  voorgestel dat "…die leerprogram op laerskool verkieslik in die minderheidstaal (moedertaal) aangebied moet word."  Ons eie onderwysowerhede erken ook die belangrikheid van moedertaal onderwys.  Op 31 Julie 2006 het die voormalige nasionale minister van onderwys, Naledi Pandor, toegegee dat "…opvoeding in die moedertaal ‘n verskeidenheid van opvoedingsgeleenthede moet vestig wat nie voorheen beskikbaar was in Suid-Afrika nie.  Die beleid erken dat die beleid en praktyk miljoene kinders benadeel het  en dit bevorder ook die effektiewe studie van en opvoeding van die voorheen afgeskeepte inheemse tale van Suid-Afrika.”
    Waarom het ons, onder hierdie omstandighede, so min vordering gemaak met die implementering van moedertaalonderwys – en waarom verkeer baie skole wat dit wel  toepas onder so veel druk? Volgens Minister Pandor is "die grootste struikelblokke wat ons in die gesig staar ten opsigte van die bevordering van moedertaalonderrig in die gesig staar, die feit  dat baie ouers nog verkies dat hul kinders in Engels onderrig word."  Volgens ‘n RGN-ondersoek verkies  "die meeste Suid-Afrikaners  Engels as taal van onderrig vanaf graad 1 (met die uitsondering van die Wes-Kaap en die Noord-Kaap).  En die keuse van Engels neem nog sterker toe vanaf graad 6 tot graad 12. "  " Onder byna alle swart Afrikane word Engels gesien as die taal van  potensiële opwaartse opvoedkundige mobiliteit; Afrikaans behou sekere sterk eienskappe op alle vlakke … en inheemse Afrika-tale, selfs op die laagste vlakke van die stelsel, word as minderwaardig beskou en verloor verdere aansien soos die kind deur die onderwysstelsel klim.”
    Die kern van die probleem is dat die meeste swart Suid-Afrikaners glo dat hul tale van minderwaardige opvoedkundige waarde is.  Hierdie is ‘n ernstige wanbegrip wat deur die regering aanspreek moet word deur `n behoorlike openbare kommunikasie-veldtog.   
    Die probleem wat baie van die oorblywende enkelmedium Afrikaanse skole ondervind, is dat demografiese veranderings en die neiging van ‘n minderheid van ouers om Engels te verkies,  lei tot ‘n daling in Afrikaanse leerlingtalle en skole wat half leeg is.  Hierdie skole gaan gebuk onder geweldige druk om saam te smelt met Engelsmedium skole – wat dikwels enorme druk op die voortsetting van Afrikaanse onderrig plaas.  Die oplossing kan, weereens, wees om Afrikaanse skole te konsolideer  en om ouers te oortuig dat hul kinders nie benadeel sal word indien hulle onderrig word in Afrikaans nie.
    Moedertaalonderrig is ‘n noodsaaklike grondslag vir goeie opvoeding. Die uitdaging is om die regering te oortuig om nog baie meer te doen  om te verseker dat dit ‘n werklikheid word  – en om ouers te oortuig dat hul kinders  beter opvoeding sal ontvang – ten minste op laerskoolvlak – indien hulle onderrig ontvang in ‘n taal wat hulle kan verstaan.

    Mediaverklaring – AfriForum – 2010 02 21 – SA Rugby Skeidsregtersvereniging verseker AfriForum dat rugbyreëlboek wel nou in Afrikaans beskikbaar sal wees

    André Watson, bestuurder van die SA Rugby Skeidsregtersvereniging, het AfriForum pas skriftelik daarvan verseker dat die rugbyreëlboek binnekort wel weer in Afrikaans beskikbaar sal wees. Dit volg nadat AfriForum, in reaksie op klagtes wat van die publiek ontvang is rakende die uitfasering van die Afrikaanse weergawe van die reëlboek, gedreig het om ʼn protesveldtog van stapel te stuur. AfriForum het Watson se versekering verwelkom en onderneem om nie met die voorgenome protesveldtog voort te gaan nie.

    Lees meer…

    2010 02 19 – RSG-debat op Praat Saam – Die toeganklikheid van Afrikaans

    Luister hier na die program.