Beste Ampie
Ek skryf dié brief op uitnodiging, maar teësinnig, want in die gedrukte media is ruimte beperk, en die kwessie voor hande is wyd en ingewikkeld. Ek skryf teësinnig, want ek stem grotendeels met jou saam - almal wat Afrikaans liefhet, moet hul stem laat hoor; skrywers en digters en bakkers en slagters en grafgrawers …
Argief vir March, 2010
Onlangs het die skrywer Breyten Breytenbach en die literator Ampie Coetzee gesê skrywers is te stil oor die verskraling van Afrikaans. Verskeie skrywers het van hulle laat hoor, berig Willem de Vries.
Paasfees s.nw.
1 (t.o.v. die Christelike geloof) ‘n Fees wat jaarliks gevier word om die opstanding van Christus te herdenk; sin. Pase: Paasfees moet vir die Europeër eintlik meer beteken as vir ons … Die fees val by hulle in die lente, wanneer die natuur nuwe lewe kry.
2 (t.o.v. die Joodse geloof) ‘n Fees ter herdenking v.d. uittog v.d. Israeliete uit Egipte, wat 7 tot 8 dae duur, en waartydens ongesuurde brood geëet en die paaslam geslag word; sin. Pasga, Pesach.
Carien Kruger
Afrikaans as voertaal en geldelike beperkings is waarskynlik die grootste hindernisse vir swart voorgraadse studente aan die Universiteit van Stellenbosch (US). Lees meer…
iesegrimmig b.nw., iesegrimmige.
Knorrig, nukkerig, nors.
Uit Ndl. iezegrimmig, ‘n afleiding met -ig van iezegrim. Ndl. iezegrim is saamgestel uit iser "yster" en grime "masker", m.a.w. "man met die ystermasker" of "gedugte teenstander", oorspronklik die eienaam van die wolf uit die diere-epos Reinaert.
Anna Louw
Dis gaaf dat Die Burger ’n hoofartikel aan “Biblioteke vir skole” wy (23.03). Op dieselfde bladsy verskyn egter ’n SMS van ene Stoffel wat kla “… by die Hugenote Hoërskool het die hoof ’n uitstekende skoolbiblioteek gesluit en die kinders kom dit nie eens agter nie”.
[Illustrasie – By – Jaco Grobbelaar]
Christo van der Rheede
Die uiters neerhalende aanmerkings deur Max du Preez oor bruin Afrikaanssprekendes wat kwansuis deur Afrikaners gebruik word, moet end kry.
[Foto: Beeld]
Alet Rademeyer
Die aktrise Miems de Bruyn, die rolprentregisseur Koos Roets en genl.maj. Gert Opperman van die Voortrekkermonument word vanjaar deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon.
Gert Coetzer
Breyten sê Afrikaans is aan’t uitsterf. Miskien is hy reg, miskien verkeerd. Miskien vat dit nog jare.
Wat kan ek en jy doen? Die gewone Afrikaner met kinders en kleinkinders en vriende en so. Die ouens wat nie invloed het nie.
Ek weet wat. Skryf. Skryf jou stories – dié van jou pa en jou ma en grootoom Boet en tant Sus.
Skryf die goed neer – nie noodwendig vir publikasie nie – veel eerder vir die nageslag.
Dis reeds daai familiestories wat nooit gepubliseer word nie wat so kosbaar is en wat uiteindelik sê wie en wat ons as mense of as volk is. Ter wille van die geskiedenis.
Skryf met die hand op enige papier; tik op tikmasjiene; gebruik woordverwerkers. Neem stories van oupa en ouma op. Hou dagboeke. Dit hoef nie hogere letterkunde te wees nie. Moenie jou verbeel jy het nie skryftalent nie – vertel net die blerrie storie!
Dit maak nie saak hoe nie. Skryf net. En laat dit na vir jou kinders en hul kinders. Daar lê duisende wonderlike familiestories rond in hierdie soms droewe land van ons.
Skryf net – al is jou handskrif, soos myne, iets verskrikliks; al kan jy nie spel nie; al weet jy nie van anglisismes en metafore en punktuasie nie.
Miskien kan ons die taal nie red nie. Miskien is dit al te laat. As die Liewe Vader dit so wil, dan sal dit gebeur.
Maar as Afrikaans dan dood is, laat dit die dooie taal met die meeste geskrifte, stories, vertellings, beskrywings, stukkies volgeskryfde papier, CD’s of wat ook al wees wat die wêreld nog ooit gesien het.
Mag daar te min papier wees om al die stories op te skryf.
Breyten is reg. Afrikaans sterf uit. Afrikaans, alvolgens my ondervinding, is besig om uit te sterf as gevolg van die slordige manier waarop ons Afrikaanssprekendes die taal praat.
40 jaar lank in Italië het ek my taal suiwer gehou.
