Argief vir April, 2010

Nieuwsbrief van de Vlaams-Zuidafrikaanse Cultuurstichting – april 2010

Berig – Die Burger – 2010 04 27 – R10 miljoen vir universiteit

Marelize Potgieter, Kaapstad   -   Minstens R10 miljoen is in die eerste jaar nodig om ’n vrye Afrikaans universiteit (VAU) tot stand te bring.

Dit blyk uit verskeie begrotings wat die naweek op ’n vergadering van verskeie rolspelers en belanghebbendes bekend gemaak is.

Brief – Beeld – 2010 04 27 – Radio Sonder (Taal-)Grense!

Hennie Pienaar   -   Die SAUK is gou om te sê hy is die “openbare uitsaaier” as hy geld by die regering en andere wil hê, maar ek is bevrees dié instelling – en veral RSG – verdien ook om van pligsversuim aangekla te word.
Die jongste radio-advertensie op RSG, waarin WB 2010 bemark word, skreeu ten hemele.

Lees meer…

Brief – Beeld – 2010 04 27 – ‘Hoë koste’ van Afrikaans is flou verskoning; wat van inkomste?

Cornelius Jansen van Rensburg   -   Ek verwys na die artikels in Beeld van 23 April wat die lewensvatbaarheid van Afrikaans bevraagteken.
As Afrikaanse student aan die Universiteit van Pretoria is ons ook altyd hierdie verskoning aangebied as die rede vir verengelsing.

Lees meer…

Berig – Die Burger – 2010 04 27 – R10 miljoen vir universiteit

Minstens R10 miljoen is in die eerste jaar nodig om ‘n vrye Afrikaans universiteit (VAU) tot stand te bring.

Lees meer…

Woord van die week uit die Woordeboek van die Afrikaanse Taal

rad s.nw., radde. (histories) Toestel bestaande uit ‘n wiel aan ‘n paal bevestig, waarop die liggame van misdadigers ten aanskoue v.d. publiek oopgespalk is, en waarop sulke persone dan gemartel is, gew. deurdat die ledemate gebreek is.

radbraak ww., het geradbraak.

1 (histories) Met ‘n rad martel, veral deur die ledemate te breek; sin. ledebraak (histories; minder gebruiklik).

2 (t.o.v. gesproke taal) Sodanig verknoei of slordig omgaan met, dat dit wat gesê word onsamehangend voorkom of  nouliks verstaanbaar is: Geradbraakte Chinees, Duits, Nederlands.

Brief – Die Burger – 2010 04 26 – Afrikaans trek oral aan die kortste ent

J.C. (Koos) Kotze   -    Die berig van Ryk van Niekerk oor die afname in die aantal jaarverslae van genoteerde maatskappye wat tans nog in Afrikaans verskyn, is ontstellend. Die woord “tragies” sou waarskynlik ’n beter beskrywing van die situasie wees.

Lees meer…

Brief – Beeld – 2010 04 26 – Supersterre’ is ’n verkragting van Afrikaans

Christie Roode   -   Ek het pas per abuis na Supersterre op SABC1 gekyk. Wat ’n gemors en verkragting van ons taal!

Lees meer…

Brief – Beeld – 2010 04 26 – Beoordelaars se Afrikaans nie te ‘stunning’

Ywerige kyker   -   Ná Vrydagaand se aflewering van Supersterre wanhoop ek opnuut oor die voortbestaan van Afrikaans.

Lees meer…

Berig – Die Burger – 2010 04 26 – Miljoene ingesamel om NALN op te knap

‘n Ingrypingsplan is gereed om die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) in Bloemfontein te red.

Lees meer…