rubbertjek s.nw., rubbertjeks. (geselstaal) Ongeldige of vervalste tjek: ‘n Libanese hoë wat met ‘n rubbertjek vir R45 000 vir sekere gunsies betaal het, is in die tronk gestop (Die Burger, 4 Jun. 1997, 3).
Argief vir June, 2010
Luidens ‘n berig in Die Burger (“Afrikaners kan nie vir Bafana speel nie,” 22/06/2010) het mnr. Floyd Shivambu, ANC-jeugliga-woordvoerder, hom uitgespreek oor die demografiese verteenwoordigendheid, al dan nie, van Bafana, ons nasionale sokkerspan. Op ‘n vraag oor wat hy te sê het aan Afrikaners wat ongelukkig is dat Bafana “nie verteenwoordigend van die hele land is nie,” het Shivambu geantwoord: “Hulle is mal. Geheel en al.” Hy het gevra wie dan al ooit ‘n “Afrikaner gesien het wat gekies kan word om vir Bafana te speel“.
Liesl Peyper
Kaapstad
Die Universiteit Stellenbosch (US) bied graadkursusse ook in Engels aan sodat hy uitgerekte hofsake kan vermy.
die Rubicon oorsteek (n.d. Rubicon, ‘n rivier i.d. noorde van Italië wat in 49 v.C. wederregtelik deur Julius Caesar en sy manskappe oorgesteek is om Antieke Rome binne te val, met die gevolg dat konflik onafwendbaar was)
‘n Onherroeplike, beslissende stap doen: Die leier het die Rubicon oorgesteek deur die weg vir die eerste demokratiese verkiesing te baan.
‘n Opvolgbyeenkoms word vir Woensdag 25 Augustus 2010 vir die VAU-gespreksgroep by die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (Huis den Nederlanden) in Pinelands beplan en dit sal om 09:00 begin en sal om 13:00 eindig.
Skakel direk met Christo van der Rheede (CRheede@Media24.com) indien u die byeenkoms kan bywoon.
Zoë en haar maatjies het ‘n leesprojek onlangs op haar tuisdorp Zoar begin. Sy en haar sussie nooi die maatjies in die straat om smiddae in haar ouers se huis byeen te kom en kinderboeke te lees. Die SBA het onderneem om boeke te skenk en 50 nuwe kinderboeke is gratis van NB-Uitgewers bekom. Die boeke is onlangs aan die ouers en kinders oorhandig en watter voorreg was dit nie om die kinders se opgewondenheid te beleef nie. Hierdie projek vir kinders vanaf 4 tot 9 jaar oud gaan nou op groter skaal uitgebrei word. Ouer en hul kinders word aangemoedig om die SBA te kontak by www.afrikaans.com om Tuisleesprojekte te begin.
Die voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV), Corlietha Swart, het pas die uitslae van die jaarlikse nasionale BSV-skryfwedstryd, Skrywers 2010, bekend gemaak. Die nasionale wedstryd is vanjaar deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat geborg en met steun van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) geadministreer. Anonieme beoordeling het plaasgevind en deelnemers kon opstelle, sketse, kortverhale, kortkortverhale en gedigte oor voorgeskrewe onderwerpe indien.
rondomstok ww., het gerondomstok. (streektaal; ongewoon) Grond rondom ‘n wingerdstok skoonmaak en omspit nadat daar kruis en dwars in ‘n wingerd geploeg is: Ons het die wingerd taamlik vroeg gerondomstok (Goudini). (Ook opgeteken in Franschhoek, Malmesbury, McGregor en in die Paarl en die Breëriviervallei).
