Die dag as Bafana Bafana op die veld draf met ewe veel wit en swart spelers wat na meriete gekies is, sal Suid-Afrika die wendoel skop, skryf Michael le Cordeur.
Dis Vrydag skuins ná 15:00. Ek sit voor my rekenaar en skryf. Ek is grieperig en moes op doktersorders binnenshuis bly.
Argief vir July, 2010
Rudolf Stehle berig oor die werk van die voortsettingskomitee na die konferensie
Rudolf Stehle 23 Julie 2010
Amsterdam het op 28 Mei 2010 gasheer gespeel vir ‘n konferensie oor die rol van Afrikaanstalige onderwys en opleiding in die bestryding van armoede in Suid-Afrika. Die organiseerders het nie op hulle laat wag nie, en onmiddellik na afloop van die konferensie is ‘n voortsettingskomitee in die lewe geroep. Volgens die amptelike verslag van die konferensie sal die komitee via Afrinetwerk die sluit van vennootskappe tussen Suid-Afrikaanse en Nederlandse organisasies fasiliteer. Verder sal betrokkenes en belangstellendes voortdurend op die hoogte gehou word van nuwe ontwikkelinge en die vordering van die projekte wat op die konferensie bespreek is.
Dis al weer tyd vir Koop-‘n-Afrikaanse-boekdag op 14 Augustus! Hierdie jaar vra ons dat lesers, behalwe om vir hulself ‘n boek te koop, ook daaraan dink om ‘n boek te borg vir iemand wat dit nie self kan doen nie, of wat dalk nog nooit ‘n boek van sy eie besit het nie.
Saam met julle hoop ons om op dié manier te help om ʼn leeskultuur aan te wakker en ook om mense aan te moedig om van die wye verskeidenheid Afrikaanse boeke wat op die mark is, te koop.
Almal kan baat by hierdie dag: lesers, skrywers,boekwinkels en uitgewers! So versprei hierdie nuus asseblief so wyd as moontlik!
Deelnemende boekwinkels gee op 14 Augustus (of die hele week) afslag op hulle Afrikaanse boeke, en dit gaan baie goed met verkope.Boekwinkels wat al vantevore deelgeneem het is PNA, Protea Boekhuis, Boek Hoekie (Paarl), Fascination Books, Bukhuki (Somerset-Wes en Pretoria), Die Klein Karoo Boekwinkel (Montagu), Griffelhoekie (Kokanje), Boek Hoekie (Paarl), Cum Boeke en Gospel Direct(Somerset-Wes), Wordsworth (Strand, Knysna en Willowbridge) ens. Lapa Uitgewers het verlede jaar selfs ‘n verdere afslag aan boekwinkels gegee. Leserskring skenk ‘n geskenkpakkie van 5 boeke aan elke leser wat ‘n boek by hulle koop! En as die boekwinkel in jou omgewing dit nie doen nie, praat hulle sommer om om ook deel te neem!
RSG, Die Burger, Beeld en Volksblad help ons hierdie jaar om die nuus te versprei. So, hou jou oor op die grond vir spesiale aanbiedings.
Baie dankie dat julle ons ondersteun met hierdie bewusmakingsveldtog. Vertel asseblief vir almal van hierdie poging waarby ‘n mens net kan baat: Afrikaanse boeke word teen ‘n afslag verkoop en jy koop of kry of gee’n boek persent!
Die Vriende van Afrikaans bied met trots aan
die eerste uitvoering in Afrikaans
van die Oggend- en Aandgesange van Rachmaninof
Christo van der Rheede
Volgens Unesco is daar sowat 6 802 tale in die wêreld, waarvan 2 058 (30%) in Afrika voorkom. Baie van hierdie tale, insluitende Afrikaans, gaan egter ’n onsekere toekoms binne en kenners meen dat tot 90% binne die volgende 100 jaar gaan uitsterf.
raket s.nw., rakette.
Slaanding by sekere balspele soos tennis en pluimbal.
Raket gaan via Latyn terug op Arabies rahat "handpalm", omdat oorspronklik met die plat hand geslaan is.
Mamma, jou kind is nuuskierig en altyd opsoek na nuwe STORIES…
Daarom is ons gewilde STORIEKLUB ‘n moet vir elke huis!
Sluit aan en begin jou kind se luisterstorie-versameling opbou!
Ontvang 2 nuwe CDs (25 min elk) elke maand in die pos.

