Uitnodiging – OmmiBerg ‘Round the Rock 2010’ by Volksmond Koffiewinkel by die Taalmonument – 2010 03 12

Die jaarlikse OmmiBerg-oesfees vind hierdie jaar op 13 Maart plaas. Dis ‘n unieke geleentheid om die eerste wyne uit die Paarl wynroete se 2010 oesjaar te proe – ongefilter en sommer uit die tenk. Feesgangers kan van plaas tot plaas kuier en die geleentheid kry om die wyne te pas by kreatiewe variasies van die tradisionele uietert en ander ongewone fynproewers happies.

Kaartjies (teen R50 per persoon en gratis vir kinders onder 18) kan op die dag by jou eerste aankomspunt gekoop word. Besoek gerus www.ommiberg.co.za vir die volledige program en betrokke wynplase.

By Volksmond Koffiewinkel by die Taalmonument kan besoekers wyne van Boland Kelder proe, ‘n gratis toer van die monument onderneem en die balspel Boules aandurf. Vir kinders is daar ‘n springkasteel en houtklimraam. Vir meer inligting of om ‘n piekniekmandjie te bespreek teen R95 p.p. kontak Volksmond Koffiewinkel by tel. 021 863 2800 of tel. 082 569 9906.

Isabeau Botha

Kommunikasiebestuurder I Communication Manager

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument

T +27 (0)21 872 3441 / 076 017 6026

F +27 (0)21 872 3642

bemarking@taalmuseum.co.za

www.taalmuseum.co.za

www.taalmonument.co.za

Lid van / Member of: Paarl Tourism, Cape Town Tourism, SATSA

Ons volgende geleenthede / Our next events:

TAALMONUMENT PIEKNIEKGELEENTHEDE / PICNIC EVENTS:  Bring jou eie piekniekmandjie / Bring your own picnic basket  / Volksmond Koffiewinkel/Coffee Shop tel. 021 863 2800

· Sterrekykaande met teleskope: 13 Mrt. (Saturnus). 18:00 – 23:00. R20/R10. Bespreek by tel. 021 872 3441 / 082 729 2716

· Stargazing evenings with telescopes: 13 Mar. (Saturn). 18:00 – 23:00. R20/R10. Bookings: tel. 021 872 3441 / 082 729 2716

· Volmaanpieknieks: Sa. 27 Mrt., Vr. 30 Apr. 17:00 – 22:00. R12/R5/R2. Tel. 021 872 3441

· Full-moon picnics: Sat. 27 Mar., Fr. 30 Apr. 17:00 – 22:00. R12/R5/ R2.  Tel 021 872 3441

____________________________________________________________________________________________________________________________________

ANDER GELEENTHEDE / OTHER EVENTS:

· OmmiBerg-fees: Sa. 13 Mrt. Wynproe, boules, springkasteel, gratis begeleide toer. Taalmonument. 11:00 – 19:00. R50 (18+) www.ommiberg.co.za

· OmmiBerg Festival: Sa. 13 Mar. Wine tasting, boules, jumping castle, free guided tour. Taalmonument. 11:00 – 19:00. R50 (18+) www.ommiberg.co.za

· Steve Hofmeyr: Sa. 20 Mrt. A beautiful noise – the music of Neil Diamond. Amfiteater. 20:30. R120 – R150. Tel: 021 872 9754 of  www.cultivaria.com

· Kuier met die kunstenaars: Sa. 27 Mrt. Amfiteater .14:00-22:00.  R100 – R150. www.kmdk.co.za/ www.computicket.com.