Welkom by die ATR-webblad!

Argief

Kommentaar – Die Burger – 2010 09 01 – Konferensie was proaktief, positief

W Jordaan

Veels geluk aan die Afrikaanse Taalraad (ATR) met die aanbied van die onderwyskonferensie die afgelope naweek in samewerking met Die Burger en Kunstekaap.

Artikel – Die Burger – 2010 09 01 – Daar is plek vir Afrikaans

Die onderstaande bydrae oor Afrikaans as onderrigtaal is ‘n uittreksel uit ‘n referaat deur Dr Neville Alexander:
"Die vermetelheid en onkunde van baie Engelssprekendes in Suid-Afrika en van nie-Engelssprekendes wat hulle soos skape volg, wanneer hulle beweer dat daar geen intrinsieke waarde in moedertaalonderrig steek nie, is verstommend.

Lees meer…

Brief – Die Burger – 2010 09 01 – Veeltaligheid in universiteite?

André Christof

    Ek lees die terugvoer en berigte oor die afgelope naweek se konferensie van die Afrikaanse Taalraad.
    Daar sien ek het Prof. Russel Botman, rektor van die Universiteit van Stellenbosch, gesê almal moet besef die toekoms is multikultureel en meertalig.

    Brief – Beeld – 2010 09 01 – Skep eerder ruimte vir hooftale om te groei

    André Christof van Mpumalanga skryf:

    Beeld se berigte oor die afgelope naweek se konferensie van die Afrikaanse Taalraad het betrekking.

    Lees meer…

    Aankondiging – Afrikaanse Taalmuseum – Boekherstelwerk- en Papierkonserveringskursus – Oktober 2010

    Lees meer…

    Aankondiging – FAK-Musiekbeurse 2011

     

    image

    Die FAK bied reeds vir etlike jare musiekbeurse aan talentvolle musiekleerders en studente. Aansoeke word deur die FAK Musiekkomitee gekeur en dit is volgende jaar die 57ste jaar wat hierdie toekennings plaasvind.

    Lees meer…

    Artikel – Die Burger – 2010 08 26 – Hef aan lê nou voor Afrikaanse universiteit

    Marelize Potgieter, Kaapstad

    ’n Loodskomitee vir die beoogde Vrye Afrikaanse Universiteit (VAU) is gister gestig.

    Die komitee is op ’n gespreksforum oor die VAU in die Huis den Nederlanden in Pinelands aangewys. Daar word beoog om binne ses maande met ’n sake- en geldinsamelingsplan en konsep oor die wetlike aspek vir die universiteit vorendag te kom.

    Woord van die Week uit die Woordeboek van die Afrikaanse Taal

    reet s.nw., rete; reetjie. (minder gebruiklik) Kleinerige bars, skeur of opening wat i.d. lengte ‘n aansienlik groter afmeting het as i.d. breedte: Hy kan … deur die reet … alles sien wat in die ander vertrek aangaan (G. Lampen: Waar die Skaduwees Dans …, 1942, 99).

    refter s.nw., refters. KLOOSTEREETSAAL: Toe word suster Beatrix … terminaal siek. Moeder-owerste kondig dit die aand in die refter aan (A.M. Louw: Die Loop van die Rivier, 1986, 87).

    Aankondiging – Die WAT op jou selfoon

     

    clip_image001

    Die ganse WAT het pas op ‘n selfoon beskikbaar geword. Dit beteken dat die ekwivalent van bykans 9 000 gedrukte bladsye van die omvattendste Afrikaanse woordeboek in jou handpalm gehou kan word en op ‘n skerm skaars groter as ‘n vuurhoutjiedosie gelees kan word.

    Lees meer…

    Uitnodiging – Elim Blommefees – 24 tot 26 September 2010

    image