Welkom by die Afrikaanse Taalraad
Die Afrikaanse Taalraad (ATR) bevorder die volle diversiteit van Afrikaans in ’n meertalige konteks. Afrikaans van almal, vir almal.
Welkom by die Afrikaanse Taalraad
Die Afrikaanse Taalraad (ATR) bevorder die volle diversiteit van Afrikaans in ’n meertalige konteks. Afrikaans van almal, vir almal.
Gehard, met diep wortels
Die kokerboom floreer in dorre, en onherbergsame streke, maar dra tog die helderste geel blomme. Dit versinnebeeld die deursettingsvermoë en diepgewortelde geskiedenis van ons taal. Dit is deel van die veld en die landskap om ons. Dit is die taal van ons voorouers wat ons aan ons nageslag sal oordra. Afrikaans van almal, vir almal. Dit is waaroor dit gaan.
Die Afrikaanse Taalraad versoen
Die Afrikaanse Taalraad is ingevolge artikel 185 van die Grondwet gevestig en is geregistreer by die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe.
Die Taalraad is ’n konfederale liggaam met meer as 35 Afrikaanse taal- en kultuurorganisasies as lede. Die Taalraad se lede verteenwoordig meer as 500 000 Afrikaanssprekendes. Ons sosiale netwerke en aktiwiteite betrek duisende.
Die Taalraad tree fasiliterend, koördinerend-, en netwerkskeppend op in belang van die hele Afrikaanse taalgemeenskap. Dit identifiseer leemtes en probleme, en betrek lidorganisasies by die hantering daarvan.
Afrikaans is een van die groter tale van die wêreld
Afrikaans is een van slegs 250 tale uit die sowat 7 000 tale wêreldwyd wat meer as ’n miljoen sprekers het.
Daar is meer as 7 miljoen Afrikaanse moedertaalsprekers in Suid-Afrika, Namibië en die diaspora.
Meer as 12 miljoen mense gebruik Afrikaans as tweede of derde taal. In Namibië is Afrikaans ’n algemene omgangstaal.
Daar is sowat 28 miljoen Nederlandssprekendes wat Afrikaans met min moeite kan verstaan. Afrikaanssprekendes leer tale soos Duits ook maklik. Afrikaans is inheems tot Afrika, maar gee ons ook toegang tot die wêreld.