Die Erfenisseminaar 2019 te Eersterust

Die Afrikaanse Taalraad, Afrikaanse Taalmuseum en –monument en die Erfenisstigting het op 24 September 2019 ‘n Erfenisseminaar te Eersterust, Pretoria gehou. Dit was ‘n besonderse geleentheid wat nie net Afrikaans se diverse wortels gevier het nie, maar daar was ook ‘n blik gebied op ons almal se komvandaan.

 

Die interaktiewe bespreking en visuele bydraes oor Afrikaans se komvandaan, die kleurvolle uitstalling Afrikaans aan die praat – danksy die ATM, die fokus op ons tasbare erfenis, asook die lewendige optredes deur die rieldansgroep – is alles elemente wat bygedra het om dit ’n onthoudag te maak.

 

Die paneel, onder leiding van Ria Olivier, het bestaan uit: professor Elvis Saal (UNISA); professor Hein Willemse (UP); professor Jac Conradie (UJ) en professor Frank Hendricks.

 

Volg die skakels om die volgende opnames op die Afrikaanse Taalraad se Youtube-kanaal te kyk:

Die Paneelbespreking ( vollengte opname);

Dr. Willa Boezak praat oor die ontstaan van Afrikaans;

Professor Frank Hendricks praat oor Kaapse Afrikaans;

Professor Hein Willemse praat oor Arabiese Afrikaans.

 

Lees gerus ook professor Elvis Saal se referaat Op die spoor van Oranjerivierafrikaans en professor Jac Conradie se bydra.