Die toekomswaarde van Afrikaans: Die Jakes Gerwel-gespreksreeks

Die Afrikaanse Taalraad takel nog ‘n brandpunt, die toekomswaarde van Afrikaans, as deel van die Jakes Gerwel-gespreksreeks tydens die Suidoosterfees hierdie jaar.

Die gesprek vind plaas op Saterdag 28 April 2018, tussen 10h00 en 11h00 by die kykNET & kie-isiBaya, Kunstekaapteater.

Die gassprekers sluit in prof. Anne-Marie Beukes, drs. Hendrik Theys, dr. Conrad Steenkamp en dr. Christo van der Rheede wat ook as gespreksleier optree.

 

Kom neem deel aan die gesprek en RSVP teen 18 April 2018.

Vir meer inligting, kontak gerus die ATR-span:

Programbestuurder: mev. Ria Olivier by ria@afrikaansetaalraad.co.za of

Die sekretariaat: Marekyn Kruger-Evert by atr@afrikaansetaalraad.co.za