US Woordfees: Taal en Armoede

Afrikaans het ‘n sterk ekonomiese basis. Nietemin leef baie Afrikaanse gemeenskappe in groot armoede. Wat is die implikasies hiervan vir die groei en ontwikkeling van die taal en haar spraakgemeenskap? Wat is die implikasies van die afskaling van die staat se ondersteuning van die taal en die toenemende privatisering van funksies soos onderwys? Watter implikasies het die ontwikkeling van Afrikaanse enklaves vir die taal en die hantering van armoede?

 

Hierdie brandpunte is deur sprekers soos mnr. Basil Kivedo, drs. Hendrik Theys, prof. Anne-Marie Beukes en mev. Ria Olivier aangespreek tydens die gesprekke by die US Woordfees op 12 Maart 2018.

Sprekers van die Taal en Armoede-debat by die US Woordfees op 12 Maart 2018: mev. Ria Olivier, prof. Anne-Marie Beukes, mnr. Basil Kivedo en drs. Hendrik Theys

 

Indien jy dit nie self kon bywoon nie, is die luistergenot hier te vinde:

Mnr. Basil Kivedo: https://iono.fm/e/543617

Drs. Hendrik Theys: https://iono.fm/e/544226

Nog klankgrepe volg binnekort, hou ons IonoFM-kanaal dop vir nuwe insette.