Welkom aan ons Noordelike Projekbestuurder, Merlyn van der Rheede

Die ATR verwelkom vandag, 1 Maart, ons nuwe projekbestuurder, Merlyn van der Rheede, van oorsprong ’n Bolander, maar reeds lank woonagtig in Pretoria.  Merlyn beskik oor ’n Hoër Onderwysdiploma van die voormalige Onderwyskollege Bellville, ’n Verdere Diploma in Onderwys met spesialisasie in E-leer van die Universiteit Pretoria, en ’n B.Phil. in rekenaargesteunde onderrig en leer van die Universiteit Stellenbosch.  Sy het wye ervaring van opleiding in skoolbestuur en rekenaargesteunde onderrig en leer.  Daarby beskik sy oor uitgebreide projekbestuurservaring verwerf in die onderwys en sakesektor. Met haar spesifieke kundigheid en ervaring, haar onblusbare passie vir Afrikaans, haar moedertaal, en haar warm Afrikaanse hartlikheid, is Merlyn slaggereed om die ATR se operasionele voetspoor in die noorde van die land uit te brei.