Privaatheidsbeleid

Toepaslik vanaf 1 Mei 2025

Die Afrikaanse Taalraad (“ons” of “die organisasie”) bestuur hierdie webwerf. Hierdie afdeling verskaf inligting oor ons beleid rakende die insameling, gebruik en openbaarmaking van persoonlike data wanneer jy ons webwerf gebruik, asook jou keuses met betrekking tot sodanige data. Die Afrikaanse Taalraad se privaatheidsbeleid is opgestel met behulp van die TermsFeed Privacy Policy Generator. Ons gebruik jou data om ’n diens te lewer en te verbeter. Deur die webwerf te gebruik, stem jy in tot die insameling en gebruik van inligting in ooreenstemming met hierdie beleid.

Definisies

  • Persoonlike data beteken data oor ’n lewende individu wat geïdentifiseer kan word uit daardie data (of uit data en ander inligting in ons besit of wat in ons besit kan kom).
  • Gebruiksdata is data wat outomaties versamel word, óf gegenereer deur die gebruik van die webwerf óf uit die webwerf se infrastruktuur (byvoorbeeld die duur van ’n bladbesoek).
  • Koekies is klein lêers wat op jou rekenaar, skootrekenaar of mobiele toestel gestoor word.

Inligtingversameling en -gebruik

Ons versamel verskillende soorte inligting vir verskeie doeleindes om ons webwerf en diens aan jou te lewer en te verbeter.

Tipes data wat versamel word

Persoonlike data

Terwyl jy ons webwerf gebruik, mag ons jou vra om persoonlik identifiseerbare inligting te verskaf wat gebruik kan word om met jou kontak te maak of jou te identifiseer (persoonlike data). Persoonlik identifiseerbare inligting kan die volgende insluit:

  • E-posadres
  • Voornaam en van
  • Telefoon- of selfoonnommer
  • Koekies en gebruikdata

Ons mag inligting insamel oor hoe die webwerf verkry en gebruik word (gebruiksdata). Hierdie data kan inligting insluit soos jou rekenaar se IP-adres (internet-protokol), tipe en weergawe blaaier, die bladsye wat jy besoek het, die datum en tyd van jou besoek, tyd bestee op daardie bladsye, unieke toestel-identifiseerders en ander diagnostiese data.

Koekies en nasporingsdata

Ons gebruik koekies en soortgelyke nasporingstegnologieë om aktiwiteit op ons webwerf op te spoor en sekere inligting te stoor. Koekies is lêers met ’n klein hoeveelheid data wat ’n anonieme unieke identifiseerder kan insluit. Koekies word vanaf ’n webwerf na jou blaaier gestuur en op jou toestel gestoor. Ander nasporingstegnologieë soos beacons, tags en scripts kan ook gebruik word om inligting in te samel, op te spoor en ons webwerf te verbeter en te ontleed. Jy kan jou blaaier instel om alle koekies te weier of aan te dui wanneer ’n koekie gestuur word. As jy nie koekies aanvaar nie, sal jy dalk nie sekere dele van ons webwerf kan gebruik nie.

Voorbeelde van koekies wat ons gebruik

  • Sessie-koekies om die webwerf te laat funksioneer
  • Voorkeurkoekies om jou voorkeure en verskeie instellings te onthou
  • Sekuriteitskoekies vir veiligheidsdoeleindes

Gebruik van data

Die Afrikaanse Taalraad gebruik die ingesamelde data vir die volgende doeleindes:

  • Om die webwerf beskikbaar te maak en te onderhou
  • Om jou in kennis te stel van veranderings aan die webwerf
  • Om jou toe te laat om aan interaktiewe kenmerke van die webwerf deel te neem wanneer jy kies om dit te doen
  • Om kliëntediens en ondersteuning te bied
  • Om ontledings of waardevolle inligting te verskaf sodat ons die webwerf kan verbeter
  • Om gebruik van die webwerf te monitor
  • Om tegniese probleme op te spoor, te voorkom en op te los

Oordrag van data

Jou inligting, insluitend persoonlike data, mag oorgedra word na – en onderhou word op – rekenaars buite jou provinsie, land of ander regeringsjurisdiksie waar die wetgewing oor databeskerming van dié van jou jurisdiksie kan verskil. Indien jy buite Suid-Afrika geleë is en kies om inligting aan ons te verskaf, neem kennis dat ons die data, insluitend persoonlike data, na Suid-Afrika oordra en daar verwerk. Jou instemming met hierdie privaatheidsbeleid, gevolg deur jou verskaffing van sodanige inligting, verteenwoordig jou instemming tot daardie oordrag. Die Afrikaanse Taalraad sal alle redelike doen om te verseker dat jou data veilig hanteer word, in ooreenstemming met hierdie beleid. Geen oordrag van jou persoonlike data sal plaasvind na ’n organisasie of land sonder toepaslike kontroles nie, insluitend die sekuriteit van jou data en ander persoonlike inligting.

Openbaarmaking van data

Wetlike vereistes

Die Afrikaanse Taalraad mag jou persoonlike data openbaar maak wanneer ons in alle redelikheid daarvan oortuig is dat sodanige aksie nodig is om:

  • aan ’n wetlike verpligting te voldoen
  • ons regte of eiendom te beskerm en te verdedig
  • moontlike wangedrag in verband met die webwerf te voorkom of te ondersoek
  • die persoonlike veiligheid van gebruikers van die diens of die publiek te beskerm
  • ons teen regsverpligting te beskerm

Indien jy ’n Suid-Afrikaanse burger is, het jy sekere individuele regte ingevolge die POPI-wetgewing, wat handel oor die beskerming van persoonlike inligting. Indien jy ’n burger van die Europese Unie is, het jy sekere individuele regte ingevolge die GDPR (general data protection regulation).

Sekuriteit van data

Die sekuriteit van jou data is vir ons belangrik, maar onthou dat geen metode van oordrag oor die internet of metode van elektroniese berging 100% veilig is nie. Hoewel ons daarna streef om kommersieel aanvaarbare middele te gebruik om jou persoonlike data te beskerm, kan ons nie die absolute veiligheid daarvan waarborg nie.

Diensverskaffers

Ons mag derdeparty-maatskappye en individue in diens neem om die webwerfdienste namens ons te ondersteun, om hierdie dienste namens ons te lewer of om ons te help om te ontleed hoe die webwerf gebruik word. Hierdie derde partye het slegs toegang tot jou persoonlike data om hierdie take namens ons uit te voer en mag dit nie vir enige ander doel openbaar maak of gebruik nie.

Ontleding

Ons mag derdeparty-diensverskaffers gebruik om die gebruik van ons webwerf te monitor en te ontleed.

Koekie-doeleindes

  • __pdvt: Word gebruik in die opneem van Crowdsignal-data om kliëntprobleme op te los.
  • ab: Word gebruik vir AB-toetsing van nuwe funksies.
  • nux_flow_name: Identifiseer watter gebruikersaanmeld-vloeiverloop aan die gebruiker gewys is.
  • tk_ni / tk_ai / tk_qs: Versamel inligting vir ons interne analitiese instrument oor hoe die webwerf gebruik word; ’n versameling interne maatstawwe van gebruikersaktiwiteit gebruikerservaring te verbeter.
  • tk_*r: Verwysingskoekies om verwysingsgedrag vir Jetpack-gekoppelde webwerwe met WooCommerce te ontleed.
  • wp-affiliate-tracker: Onthou die ID van die filiaal wat ’n gebruiker na WordPress.com verwys het.
  • utma / utmb / utmc / utmt / utmz / ga / gat / gid:
    Google Analytics – Versamel inligting wat ons help om te verstaan hoe besoekers met die webwerf omgaan, wat ons in staat stel om ’n beter ervaring te skep. Ons gebruikers mag ook Google Analytics op hulle eie webwerwe implementeer.

Google Analytics

Google Analytics is ’n web-ontledingsdiens wat verskaf word deur Google LLC of deur Google Ireland Ltd, afhangend van waar die toepassing verkry word. Google gebruik die data wat ingesamel is om gebruik van hierdie toepassing op te spoor en te ontleed, verslae op te stel en dit met ander Google-dienste te deel. Google mag hierdie data gebruik om advertensies van hulle eie netwerk te verpersoonlik en te kontekstualiseer.

Persoonlike data wat ingesamel word: Koekies & gebruiksdata

Plek van verwerking: VSA – [privaatheidsbeleid – opt-out]; Ierland – [privaatheidsbeleid – opt-out]; Privacy Shield-deelnemer

Google Fonts

Google Fonts is ’n lettertipe-visualiseringsdiens wat verskaf word deur Google LLC of Google Ireland Ltd. Dit laat hierdie toepassing toe om inhoud van hierdie aard op die bladsye in te sluit.

Persoonlike data wat versamel word: Gebruiksdata; verskeie tipes data soos gespesifiseer in die diens se privaatheidsbeleid.

Plek van verwerking: VSA/Ierland – [privaatheidsbeleid – opt-out]; Privacy Shield-deelnemer

Kontakvorm (hierdie webwerf)

Deur die kontakvorm op hierdie webwerf in te vul en data te verskaf, gee gebruikers toestemming dat hierdie toepassing die besonderhede mag gebruik om op versoeke vir inligting, kwotasies of enige ander tipe versoek te reageer, soos aangedui deur die vorm se opskrif. Gebruikers se data sal nie met eksterne bemarkingsmaatskappye gedeel word nie.

Persoonlike data wat versamel word: e-posadres, voornaam, van, selfoonnommer, telefoonnommer

Plek van verwerking: Suid-Afrika – [privaatheidsbeleid]; Privacy Shield-deelnemer

Skakels na ander webwerwe

Ons webwerf mag skakels bevat na ander webwerwe wat nie deur ons bedryf word nie. As jy op ’n derdeparty-skakel klik, sal jy na daardie party se webwerf herlei word. Ons raai jou aan om die privaatheidsbeleid van elke webwerf wat jy besoek na te gaan. Ons het geen beheer oor en aanvaar geen verantwoordelikheid vir die inhoud, privaatheidsbeleid of praktyke van enige derdeparty-webwerwe of dienste nie.

Kinders se privaatheid

Ons versamel nie opsetlik persoonlik identifiseerbare inligting van enigiemand onder die ouderdom van 18 nie. As jy ’n ouer of voog is en bewus is dat ’n kind in jou sorg persoonlike data aan ons verskaf het, kontak ons asseblief. As ons daarvan bewus word dat ons persoonlike data van kinders sonder ouerlike toestemming versamel het, sal ons stappe doen om daardie inligting van ons bedieners te verwyder.

Derdepartye se funksionaliteit

Soos die meeste webwerwe, bevat ons webwerf funksionaliteit wat deur derde partye verskaf word. ’n Algemene voorbeeld is ’n ingeboude YouTube-video.

Sosialenetwerk-koekies

Ons het nie deelknoppies op ons webwerf ingesluit nie.

Hoe koekies gestel word

Die privaatheidsimplikasies van inligting via sosiale media deel sal verskil tussen sosiale netwerke en is afhanklik van die privaatheidsinstellings wat jy op daardie netwerke gekies het.

Besoekerstatistiek-koekies

Ons gebruik koekies om besoekerstatistieke saam te stel, soos hoeveel mense ons webwerf besoek het en hoe lank hulle daar bly, watter bladsye hulle besoek en watter tipe tegnologie hulle gebruik (bv. Mac of Windows). Dit help ons om te identifiseer wanneer die webwerf nie werk soos dit veronderstel is om vir sekere tegnologieë te werk nie en help ons om die webwerf voortdurend te verbeter. Hierdie analitiese programme vertel ons ook hoe mense ons webwerf bereik het (bv. via ’n soekenjin) en of hulle nuwe besoekers is, wat ons help om die webwerf te optimaliseer.

Ons koekies help ons om:

  • die webwerf te laat werk soos jy verwag dit moet werk
  • die spoed en sekuriteit van die webwerf te verbeter
  • jou toe te laat om bladsye met sosiale netwerke te deel
  • ons webwerf en dienste deurlopend te verbeter

Ons gebruik nié koekies om:

  • persoonlik identifiseerbare inligting sonder jou toestemming in te samel nie
  • sensitiewe inligting sonder jou toestemming in te samel nie
  • data aan advertensienetwerke oor te dra nie
  • persoonlik identifiseerbare data aan derde partye oor te dra nie
  • verkoopskommissie te betaal nie

Toestemming vir die gebruik van koekies

Indien die instellings op die sagteware (die blaaier) waarmee jy hierdie webwerf besoek, ingestel is om koekies te aanvaar en jy voortgaan om ons webwerf te gebruik, aanvaar ons dat jy hiermee tevrede is. Indien jy koekies van ons webwerf wil verwyder of nie wil gebruik nie, is jy welkom om dit te doen, maar dit kan beteken dat ons webwerf nie optimaal werk nie.

Koekies afskakel

Jy kan koekies gewoonlik afskakel deur jou blaaierinstellings aan te pas. Dit sal egter waarskynlik die funksionaliteit van ons (en die meeste ander) webwerwe beperk, aangesien koekies ’n komponent van die meeste moderne webwerwe is. Indien jou bekommernisse oor koekies verband hou met sogenaamde spyware, sal jy dalk agterkom dat beskermende sagteware dieselfde doel bereik deur koekies outomaties te verwyder wat as potensieel skadelik beskou word. Die koekie-inligtingsteks op hierdie webwerf is afgelei van inhoud verskaf deur Attacat Internet Marketing van Edinburgh, Skotland. Indien jy soortgelyke inligting vir jou webwerf benodig, kan jy hulle gratis koekie-ouditinstrument gebruik.

Bewaring van data

Ons sal jou persoonlike data slegs behou vir so lank as wat dit nodig is om die doelwitte in hierdie beleid te bereik, tensy:

  • bewaring van die rekord deur wet vereis of gemagtig word; of
  • jy ingestem het tot die bewaring van die rekord.

Gedurende die tydperk van bewaring sal ons steeds by ons verpligtinge tot nie-openbaarmaking hou en sal ons nie jou persoonlike data deel of verkoop nie. Ons mag volgens diskresie jou persoonlike data in fisiese of elektroniese rekords behou.

Bywerking of verwydering van data

Jy kan kies om die persoonlike data wat jy aan ons gestuur het reg te stel of by te werk deur ons via e-pos of die webwerf te kontak. Jy het die reg om vergeet te word. Ons sal enige persoonlike data wat jy nie wil hê ons moet behou nie verwyder. Indien jy ’n datasubjek is van die administrateur of een van ons kliënte (wat die databeheerder is), moet jy jou versoek aan die toepaslike databeheerder rig, wat dan jou persoonlike data sal verwyder.

Databreuke

Ons sal ons webgebruikers in kennis stel van enige bevestigde databreuk. Dit is gebruikers se verantwoordelikheid om die toepaslike toesighoudende owerheid én enige geraakte datasubjekte van die databreuk in kennis te stel.

Beperking

Ons is nie verantwoordelik vir, gee geen waarborge oor en maak geen verklarings rakende die privaatheidsbeleide of praktyke van gekoppelde of enige derdeparty-webwerwe nie.

Veranderings aan hierdie privaatheidsbeleid

Ons mag ons privaatheidsbeleid van tyd tot tyd bywerk en sal die aangepaste beleid hier publiseer. Ons sal jou per e-pos en/of deur ’n duidelike kennisgewing op ons webwerf in kennis stel voordat die verandering van krag word, en die ingangsdatum bo-aan hierdie beleid bywerk. Jy word aangeraai om hierdie privaatheidsbeleid gereeld te lees vir enige veranderinge. Veranderinge aan hierdie beleid is van krag vanaf die oomblik dat hulle hier gepubliseer word.

Kontak ons

As jy enige vrae oor die privaatheidsbeleid het, kontak ons gerus by marekyn@afrikaansetaalraad.co.za.

Koekies

Die onderstaande lys bevat die koekies wat op ons webwerf gebruik word.

Cookie key

Domain

Path

Cookie type

Expiration Description

Description

_GRECAPTCHA

www.google.com

/recaptcha

Third-party

6 months

Google reCAPTCHA sets a necessary cookie (_GRECAPTCHA) when executed for the purpose of providing its risk analysis.