Belê in die toekoms van Afrikaans deur ’n skenking, borgskap, bemaking, eenmalige of maandelikse bydraes.
Vinnige herhalende of eenmalige aanlyn skenking:
Algemene skenking, borgskap of bemaking
Skenkings, borgskappe of testamentêre bemakings is ’n belangrike hulpbron vir die ATR en stel ons in staat om ons aktiwiteite beduidend uit te brei.
Voordele van skenkings, borgskappe en bemakings

Vrywilligers
Die Taalraad benut dikwels vrywilligers se dienste. Nakkie van Wyk verskaf byvoorbeeld skouspelagtige foto’s van kokerbome aan die ATR. Vrywilligers kan by geleentheid nominale bedrae as vergoeding ontvang.
Ons benodig dikwels mense met die volgende vaardighede:
Word deel van die Taalraad se aktiwiteite op ’n gebied wat tot jou spreek.
Skryf aan Marekyn Kruger-Evert by marekyn@afrikaansetaalraad.co.za indien jy oor enige van die bogenoemde vaardighede beskik en meer hieroor wil weet of betrokke wil raak.