Ons is op soek na ’n Uitvoerende Direkteur!
Die Afrikaanse Taalraad (ATR) is op soek na ’n Uitvoerende Direkteur wat visionêr en gefokus is op impak. Die geskikte kandidaat moet strategiese bestuur en professionele begeleiding met leierskap kan verbind om die ATR in die volgende fase van groei in te lei.
Die pos behels die bestuur van twee oorhoofse funksies, naamlik dié van die Uitvoerende Direkteur van die ATR en van die Direksie van die ATR. Die grondslag van die pos van die Uitvoerende Direkteur is ’n waardegedrewe, etiese, geloofwaardige en betroubare persoonlikheid.
Onderhoude met geskikte kandidate word so gou moontlik gevoer en ’n aanstelling word tydens die eersvolgende direksievergadering gemaak.

Openbare gesig van ATR

Diplomasie, skakeling en versterking van verhoudings met organisasies en netwerke

Finansiële en operasionele bestuur, Fondswerwing

Skryf van eie artikels, resensies

Doelgerigte bemarking deur media-onderhoude, referate, digitale en sosiale media
Pligte
Posvereistes
Aanbevelings
Diensaanvaardingsdatum:
1 November 2026
Sluitingsdatum vir aansoeke:
15 Augustus 2026
Aansoeke:
Aansoeke met volledige besonderhede, wat ’n CV en die name van twee referente insluit word ingewag en kan aan die ATR-voorsitter, mnr. Daan Potgieter, by daan@aonetwork.co.za, gestuur word. Die aansoek moet ook ’n standpunt van die aansoeker insluit rakende die rol van die ATR in die toekoms.
Daar sal van kandidate verwag word om ’n kort aanbieding oor die eie visie vir die ATR te doen.
